Ek wens ek was ‘n Arend…


image

- Janneke de Necker

Die nuwe graad 8’s van 2013 was Despicable Me “Minions”. Met geel Shopright-sakke oor hul koppe, blou melkproppies op die voorkop as brilletjies en ‘n “Mini-me”-Minion gepraktiseer uit ‘n 2-liter Coke-bottel vol sand, het hulle op 15 Januarie hul eerste skooldag gehad.

Die Leerderraad het hulle sommer dadelik onder hul arendsvlerke geneem en die Kuikens het goed geweet wie is baas.

Volledige programme is vir elke dag uitgewerk en die Kuikens is eers na vyfuur die middag by die skool weg. Aanvanklik het die Kuikens die Leerderraad se grense getoets, maar hulle is met die “Minion-straf” gestraf, waar die “Mini-me” hoog bo hul koppe gehou moes word. Dit het so aangegaan totdat hulle die gesag wat bo hulle gestel is, respekteer het.

Indien jy jou uitrusting of “Mini-me” die dag vergeet het, is jy met allerhande kreatiewe goedjies wat die Leerderraad uitgedink het, gestraf. Hulle moes mure stoot, sement van die vloer af optel, tennis sonder ‘n bal of raket speel – met byklanke – en soos jellievisse blaf.

Die Donderdagmiddag was daar atletiekuitdunne en daar het gróót talent na vore gekom. Die graad 8’s het verseker ‘n groot aandeel in die oorwinning van die Atletiek Interskole gehad.

Die graad 8’s het baie hard aan die jaarlikse Kuikenkonsert geoefen (met Pieter de Villiers as regisseur) wat die Vrydagaand voor die ouers en Matrieks opgevoer is. Dit was ‘n groot hoogtepunt van die week. Elke klasseksie het hul eie dansie opgevoer en daar is ook oudisies vir die hoofkarakters wat die storie vertel het, gehou. Daar was weereens ‘n seunskoor wat vir ‘n bietjie musiek en/of agtergrondmusiek gesorg het.

Die ontgroening het tot die Vrydag aangehou en van die Maandag af is die Kuikens alleen aan die skool oorgelaat.

Arende-aand sal eers baie later in die jaar plaasvind. ‘n Graad 8-leerder gaan verseker die naam van ‘n Arend waardig moet wees voor hy/sy as een bekend gemaak sal word.

 

imageimage

About these ads

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s