VLUG – Die Musical


‘n Kykie agter die skerms

DSC00443

– Sané Erasmus & Marichje de Necker

Ons almal weet hoe groot die skoolgebou is en hoe lank die gange is, maar alles is vyf keer verder as jy tussen tonele moet aantrek en rondhardloop. Tog was die eindproduk al die bloed, sweet en trane werd.

Geen konsert kan sukses behaal sonder ure se harde werk nie. Met ‘n teks van 62 bladsye was dit ‘n geweldige uitdaging om alles betyds aan te leer. Daar is selfs met die 15de Julie se “Kleedrepetisiekamp” nog tekste op die verhoog benodig. Die musical was ‘n volle twee en ‘n half ure lank, maar agter die verhoog het dit soos 25 minute gevoel. Die verandering tussen tonele en kostuums was vinnig genoeg om enige een agter die verhoog ‘n kopseer te gee. Party akteurs het so min soos 30 sekondes gehad om in ‘n volgende kostuum te verklee. Die meeste het dit onmenslik moeilik gevind om stil te bly in die “wings”, maar die verhoogbestuurders het hulle goed van hul taak gekwyt. Geen musiekblyspel sal volledig wees sonder ‘n uitmuntende koor nie. Juffrou du Toit en mnr. De Necker het hulself weereens bewys deur moderne liedjies na pragtige liedere in 3-stemmige harmonie te verwerk. Slegs ‘n uiters talentvolle koor sou hierdie musiek suksesvol kon sing, en na weke se harde oefening, het hulle uiteindelik die mure met hul hemelse harmonieë laat bewe.

Die koor se grootste uitdaging was die vinnige veranderinge tussen die eerste paar liedjies. Hulle het net-net genoeg tyd gehad om klas toe te hardloop, aan te trek, en weer verhoog toe te snel. Die gespanne atmosfeer is egter verlig deur die koorbankies se tydige en ontydige gekraak.

Die asemrowende danse is gechoreografeer deur Marlene Piek, Beauhney Pietersen, Jaco Rossouw, Tanya Coetzee en Anzél Siebrits. Die danse het met elke oefening die res van die toneelgroep in verwondering gehad. Die dansers het egter die mees uitputtende rol in die konsert vertolk en het tot stukkende tone en blou knieë gehad. Soos die akteurs en koorlede, het die dansers ook amper onmoontlike “quick-changes” gehad, maar hulle het dit foutloos hanteer.

Heeltemal in swart geklee, het die musiekblyspel se orkes onopsigtelik ‘n groot rol in die musiekblyspel gehad. Hierdie groep musikante het vir enigiets kans gesien en van die beste musiek gelewer wat ons al ooit gehoor het! Die koor, soliste en dansers kon nie vir meer legendariese ondersteuning gevra het nie.

Vir ‘n eerste by Hoërskool Strand, was dit ‘n onvergeetlike drie aande en almal sien uit na wat mnr. De Necker volgende jaar beplan.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s