Winter-Interskole


Eerste-Hokkiespan
-Simoné Bergh

INTERSKOLE!  Hierdie jaar was werklik ‘n fees. Daarby was dit ook ons feesjaar en hoe anders  as  om  nog  ‘n  hoogtepunt  daarby   in   te  sluit?

“Ons Arende vlieg met trots altyd net hoër!”

Dinsdag, 21 Augustus, het die interskole met die gholf afgeskop, en die Arende het vir HHH op hul neuse laat kyk.  Woensdag, 22 Augustus, het die landloop plaasgevind. Die junior meisies en seuns moes die 4 km aandurf en die senior meisies en seuns die 6 km.

Vrydag, 24 Augustus, was ‘n belewenis.  Die gees was onbeskryflik! Dit was so aangenaam om as ‘n skool saam te wees en ons sportspanne te ondersteun en die oudskoliere, wat nogsteeds betrokke by sport is en getroue Arende gebly het deur die jare, te sien. Later die middag was dit ook die oudskoliere se beurt om vir HHH ‘n voorsmakie van wat op hulle wag,  te gee. Die oudskoliere het ieder en elk gewys hoe om hokkie, netbal en rugby te speel.

Die aand voor die “Groot Dag…” Niemand kan behoorlik eet nie, party praat te veel, ander praat weer niks nie, Niemand kan slaap nie; almal dink net aan die volgende dag se wedstryd.

Jy visualiseer dit al ‘n week voor die tyd in jou gedagtes. Hoe gaan jy daardie bal afvat en hoe gaan jy nog ‘n doel of drie teen HHH aanteken?

Saterdag, die 25ste Augustus, was die hoogtepunt. Niemand kon die GEES demp nie.  By elke wedstryd was daar nie plek vir ‘n muis nie. Die netbal het weereens die beker huis toe gebring.  En so ook die rugby wat die beker vir Hoërskool Strand tuis besorg het. Die seunshokkie moet ongelukkig die beker deel met HHH en die meisieshokkie was ongelukkig om naelskraap te verloor.

Interskole 2012 was voorwaar ‘n hoogtepunt! Dankie aan elke leerder  wat hierby betrokke was. Of jy nou water aangedra het, gespeel  het, of slegs kom ondersteun het; of jy daar was vir beserings en of jy nou foto’s geneem het – dankie daarvoor! Jy het bygedra tot die sukses van nóg ‘n ongelooflike Interskole!

-SO

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s