Ons eie “Glee”


– Marilene Blom

Hierdie jaar was daar ‘n musiekblyspel en dus nie ‘n koor nie. Ek het met Mnr. De Necker gaan gesels oor die moontlikheid van ‘n koor in 2013.

 Gaan daar volgende jaar ‘n koor wees en gaan Meneer dit afrig?

Daar gaan volgende jaar ‘n koor wees, maar nie in die tradisionele sin van die woord nie. Dit gaan nie net driestemmige dogterskoorwerke wees wat op stallasies staan en toga’s aanhê nie, maar daar gáán ‘n koor wees. Ek gaan weer ‘n mini-musical skryf. Dit gaan nie so intens met beligting en klank wees nie; ‘n klein groepie wat lekker kan sing. Dis bietjie Glee-erig, maar met ‘n Griekse teater-atmosfeer.

Hoe groot wil Meneer hê moet die koor van 2013 wees?

Ek wil nie meer as 32 mense hê nie. Ek dink ek het my les geleer met ‘n rolverdeling van 130. (Die musiekblyspel se rolverdeling)

 Sal Meneer enigiets wil verander, in vergelyking met die koor van 2011 en die musiekblyspel?

Ja, ek dink dit was te groot. Ek dink ons was in ‘n sekere sin nie voorbereid vir die tegniese uitdagings nie. Ek hou van wat op die ou-end met die klank gebeur het, maar ek wil bietjie daarop uitbrei.

 Gaan enigiemand Meneer help om die koor af te rig?

Ja, ek sal nie alleen daaraan werk nie. Juf. Joubert gaan my help.

 Hierdie is van al die ou koorlede af: Gaan daar meer moderne liedjies vir die koor gekies word?

Ek wil regtig kyk dat ons die tipe goed wat hulle in Glee sing, doen. Ons gaan byvoorbeeld Pokerface doen. Ja, so dis bietjie meer modern.

Is Meneer opgewonde?

Ja! Ek is baie opgewonde.

-SO

Ons eie Glee

“Glee Cast” – Foto: gleekcaps.tumblr.com

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s