Vriende, geselskap en nog vele meer…


Lentepiekniek 2012 - Gr.10's

– Dian Marcovecchio

Lentepiekniek 2012

Leerders geniet die lentepiekniek; ©Dian Marcovecchio

Die skool was wel gesluit vir die naweek, maar nie die skoolgrond nie. Die veld het spoedig begin vol raak met leerders van graad 8 tot 11 wat daarop uit was om dit te geniet. Die stilte is gebreek met musiek wat Morné Alberts van bo die snoepie gespeel het. Die gewone groepies het gevorm – aan die een kant was dié wat gesels het, en aan die ander kant was die sportmanne wat die tyd geniet het in hul verskeie sportsoorte. Gelukkig was dit nie net die seuns nie! ‘n Hele klomp meisies het ook by hierdie groep aangesluit. Elke persoon het darem iets gehad om te geniet, insluitend lekker geselskap, kos en dans.

Die leerderraad het soos gewoonlik vir ons met piekniekmandjies wat gevul was met heerlike kossoorte, verras. Hierdie behulpsame span het op hierdie middag nie net ons hele jaar gemaak nie, maar ook die hele piekniek – van ‘n baie hoë gehalte – beplan. Hierdie dag was alreeds ‘n baie betekenisvolle dag vir die graad 11-leerders, nie net omdat dit Voetedag was nie, maar ook omdat hulle die nuwe Matrieks is. ‘n Mens sal nie glo dat hierdie ongelooflike gebeurtenis net een keer ‘n jaar plaasvind nie! Ek twyfel of die skool, in sy vyftigjarige bestaan, al ooit so iets beleef het. Die leerders wat nie die piekniek kon bywoon nie, het baie gemis!

Dankie aan elke onderwyser en leerder wat hierdie dag laat plaasvind het! Lentepiekniek 2012 was ‘n legendariese gebeurtenis

Lentepiekniek 2012 - Volley Ball

Volley Ball by Lentepiekniek 2012; © Dian Marcovecchio

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s