Welkom JM!


Welkom JM

Jacobus Mattheus (JM) Kuhn; ©M. Kuhn

– Andrea Cordy

Juffrou Kuhn is terug en almal was opgewonde om haar terug te verwelkom. Almal is nuuskierig om alles van die nuwe lid van die Kuhn-gesin te hoor.

Hoe gaan dit met juffrou?
Juffrou Kuhn: Dit gaan baie goed met my. Ek is baie gelukkig om ‘n stroopsoet seuntjie te hê. Ek kan regtig nie kla nie.

Wat is Juffrou se babatjie se naam?
JK: Ons noem hom JM (in Afrikaans). Dit staan vir Jacobus Mattheus.

SO: Is hy/sy na ‘n familielid vernoem? Hoekom?
JK: Ja, hy is na my oorlede skoonpa vernoem. Ek en my man hou van die idee van familiename, en hy is die eerste seuntjie wat gebore is aan my man se familiekant, en tradisioneel kry daardie seuntjie mos maar sy oupa se name.

Hoe voel Juffrou se familie oor die nuwe kleintjie in die huis?
JK: Die hele familie is vreeslik opgewonde en bly. JM is vir ons almal ‘n baie groot seёn. Hy word natuurlik vreeslik bederf deur al die oumas en sy oupa, om nie eers te praat van al die ooms en tannies nie. My man se ouma (dit is nou JM se oumagrootjie) vertel elke keer as sy ons sien dat haar eie kinders vir haar soos plantjies in ‘n blomtuin was tot sy kleinkinders gekry het en hulle vir haar soos die blommetjies was, en nou is haar agterkleinkinders soos die vruggies uit daardie blomtuin. Dis vir my ‘n vreeslike mooi manier hoe sy vertel hoe spesiaal haar kleinkinders en agterkleinkinders vir haar is.

Beplan julle om nog kinders te hê?
JK: Ja, ons sal graag nog kinders wil hê. Ek sal tevrede wees met twee, maar my man wil graag drie kinders hê. Die tyd sal maar leer.

Is Juffrou opgewonde om terug skool toe te kom?
JK: Ja en nee. Ja, want ek mis die leerders en personeel, en nee, dit is vir my baie lekker om heeldag tyd saam met my seuntjie te spandeer en te sien hoe hy elke dag ontwikkel. Ek gaan baie dinge mis omdat ek nie heeldag by hom kan wees nie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s