Roeselare 2012/2013


HSS besoek Roeselare - 2012

– Joey van Coller

Op 25 September 2012 het ek en 11 medestudente saam met me. L. Wolff en me. A. Joubert op ons reis vertrek.

Die eerste drie dae in Londen het die toergroep ‘n hegte band gevorm en ons het mekaar werklik beter leer ken. Om Londen te besoek, was ‘n belewenis en definitief een van my persoonlike hoogtepunte.

Die kultuurrykheid eie aan hierdie stad is asemrowend. Die heersende naglewe het my dadelik bekoor en ek wou vir die res van my lewe nêrens anders wees nie. In die vroeë oggendson staar die London Eye en Big Ben uitdagend vir mekaar oor die Thamesrivier. Ons het alles denkbaar in Londen gedoen. Ons het selfs in die middel van die nag, voor Buckingham Palace, vir koningin Elizabeth probeer wakker skree. Tot ons teleurstelling, vind ons die volgende dag uit sy is nie in Engeland nie. Ons kan ten minste sê dat ons vir prinses Diana by Madame Tussauds raakgeloop het.

Die tyd vir ons om van hierdie wonderlike wêreld afskeid te neem, het vinnig aangebreek. Effens teleurgesteld, verlaat ons Londen met die Eurostar, min wetende ons is op pad om selfs groter avonture te ontdek.
Met ons aankoms in Roeselare, België, het ons ‘n warm verwelkoming teëgekom. Die gastegesinne het werklik uit hul pad gegaan om elkeen van ons tuis te laat voel. Ons het elke dag nuwe ontdekkings gemaak en meer geleer oor hul kultuur- en lewenswyse. Dit was verstommend om te hoor hoe naby hul taal werklik aan ons s’n is. Ons het ook ander Belgiese stede soos Brugge, Brussels, Gent en Ieper verken; elkeen van hulle pragtig op sy eie unieke manier.

In Amsterdam het ek ‘n kultuurskok ondergaan. Alhoewel ons baie skokkende dinge hier teëgekom het, is daar ook goeie aspekte aan die stad. Die waterkanale is ongelooflik en die inkopiestraatjies is fantasties.
Nog een van my persoonlike hoogtepunte is Parys. Elke persoon wat verby jou stap, lyk of hulle direk uit ‘n modetydskrif kom. Dit word natuurlik ook nie verniet die stad van liefde genoem nie – om elke hoek en draai vind jy ‘n verliefde paartjie. In Eurodisney kon ons almal vir oulaas bietjie kindwees voor ons moes terugkeer huis toe.
Toe die dag aanbreek vir ons om finaal afskeid te neem, was almal vreeslik emosioneel. Met swaar harte en oë vol trane het ons die families, waarvan ons in dié drie weke deel geword het, agtergelaat.

Ek wil graag ook net hierdie geleentheid gebruik om vir me. L. Wolff en me. A. Joubert hartlik te bedank vir alles wat hulle vir ons tydens die toer gedoen en beteken het.

 

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za) +27 (0)82-454 5771

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za)
+27 (0)82-454 5771

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s