Voetedag


– Simoné Bergh

Die dag het uiteindelik aangebreek vir die matrieks van 2013. Voetedag. Dit is waar die graad 11’s nie skoene dra nie, maar hul voete verf om te wys hulle vat nou oor by die vorige matrieks.

Die matrieks van 2013 het in dié afdeling goed geslaag en almal se kreatiwiteit het op hierdie dag na vore gekom. Baie van die leerders het die vorige aand by mekaar oorgeslaap om vroeg die volgende oggend op te staan om hul voete te verf. Die gevolg was dat helfte van hulle gesit en slaap het in die klas!

Die leerders het so rondom halfvyf opgestaan en gedink wat hulle gaan verf. Dit was ‘n warm dag en baie se fout was om nie gesigverf te gebruik nie. Dit het veroorsaak dat die verf afdop, maar hulle het gesorg dat almal eers hul bene kon sien voor die verf kon afgaan. Daarvan het hulle seker gemaak.

Lhente Strydom en Sasha-Lee Reynolds se voete en bene was baie mooi versier. Dit het soos sout- en peperpotte gelyk en elkeen het die ander een se gesig op hul bene geteken. Shaun Janse van Vuuren se voete was ook ‘n treffer – hy het ‘n langbroek gedra en net sy voete was swart geverf.

Almal het by mekaar verf geleen om deur die dag hul bene en voete op te knap soos die verf begin afdop. Heeldag lank is daar orals kiekies geneem om die onvergeetlike gebeurtenis vas te vang en eendag vir die kinders te wys. Hopelik leef Hoërskool Strand nog lank hierdie tradisie uit!

Sterkte met jul finale jaar, Matrieks ’13!

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s