Rokkies wil sy dra


– Louise Adendorff

Is jou klerekas onder konstruksie? Voel jy dat jy nooit iets het om aan te trek nie? Hier’s die antwoord: Rompe. Vroulik, stylvol, klassiek en – vir hierdie seisoen – ‘n dame se beste maat.

Maksi-romp

Vir die voller figuur stel ek die maksi-romp voor. Meisies met ‘n kleiner, fyner figuur lyk egter ook pragtig daarin. Hierdie is ‘n gemaklike keuse vir alledaagse dra, maar ook stylvol en prakties genoeg vir ‘n aandjie uit. Dit is baie belangrik om die regte grootte van hierdie romp te kies; net so vinnig soos dit jou kan vlei, kan dit jou lyf ook lomp en plomp laat voorkom. Nes goeie parfuum, is dit beter om ‘n bietjie meer geldjies aan hierdie mode-item te spandeer.

Peplum-romp

Die Peplum-romp is die nuutste modegier wat nou ook in rokke, en selfs broeke, beskikbaar is. Dit is ideaal vir etes of funksies waar foto’s geneem word, aangesien dit enige tekens van ‘n magie versteek. Dit gee ook aan die draer ‘n sekere hoeveelheid selfvertroue. Dié romp word verkieslik met effense hakskoentjies en nie met plat skoene gedra nie. Hierdie styl is baie ekonomies, aangesien die rompe orals beskikbaar is, en ook herhaaldelik en op verskillende maniere gedra kan word.

Potlood-romp

Die klassieke potloodromp is beslis nie vir almal nie. Dis ‘n baie formele voorkoms, wat op die regte tyd en manier ‘n wenner is! Vergeet daarvan dat potloodrompe net vir ryk sakevroue of begrafnisse is. Hierdie is ‘n definitiewe moet-hê vir die winter en ook die somer.

Maksi, Peplum of poltood, wat ookal jy verkies! Dit is baie belangrik om jou bykomstighede af te wissel en ook te speel met verskillende kleure en teksture. Geniet vrou-wees en kry vir jouself só ‘n nommertjie of twee.

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za) +27 (0)82-454 5771

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za)
+27 (0)82-454 5771

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s