Saluut!


DSC02160

– Marelise Janse van Rensburg

Nadat 12 van Hoërskool Strand se leerders en twee onderwysers verlede jaar drie dae in Londen rondgeloop het, ‘n dag in Amsterdam en Parys soos wafferse toeriste vir foto’s geposeer het en twee weke in België by huisgesinne tuisgegaan het, was dit ons beurt om Suid-Afrika aan die Belge bekend te stel.

Dit het alles by ‘n opgewonde groen-geklede groep begin wat op die lughawe gewag het en “Welkom Belge” in helder letters bo hul koppe gewaai het. Toe die 12 Belgiese leerders en hul twee onderwysers deur die deure gekom het, het ‘n groot geraas uitgebreek soos ons begin gil, hande klap, lag en mekaar bestorm het.

Vir die volgende twee weke was dit laataande se kuier, baie pret en baie gelag. Middagete op Tafelberg, die Rooibustoer deur Kaapstad, water-ski by Kwaggaskloofdam en leer branderplank ry, is maar net ‘n paar van die goed wat ons gedoen het. Dit was ‘n baie besige program en saans was ons doodmoeg, maar die volgende dag was dit weer vroegoggend opstaan en baie pret. Ons wil baie dankie vir Juffroue Anina Joubert en Wolff sê vir die wonderlike program wat hulle vir ons opgestel het en dat hulle als saam met ons gedoen het.

Ons het lewenslange vriende gemaak vir wie ons alreeds verskriklik baie mis. Om al hierdie goed saam met hulle te kon doen, was ‘n belewenis. Dit is eintlik ongelooflik om te dink dat 12 leerders van Suid-Afrika soveel in gemeen kan hê met 12 leerders van België! Dit is amper soos om deur ‘n nuwe bril na die wêreld te kyk en te weet – enigiets is moontlik!

Die Suid-Afrikaanse groep het nader aan mekaar gekom en na die afgelope paar weke wat hulle saam deurgebring het, is daar nuwe bande tussen hulle gesmee wat nooit sal breek nie.

Maar ongelukkig kon dit nie vir ewig aanhou nie en net so gou soos hulle gekom het, het hulle weer gegaan. “Dit voel asof ‘n deel van my weggaan,” was Juffrou Anina se woorde toe sy met waterige oë die Belge op die lughawe gegroet het. Ek glo dit is hoe ons almal voel.

Graad 10’s, luister mooi: As julle kan, gryp die geleentheid aan om deel te wees van die Roeselare-uitruilprogram en gáán! Dit is ‘n ervaring wat jou lewe sal verander en wat jy nooit sal vergeet nie.

Vir meer foto’s en die Roeselare-uitruilstudente se webjoernaal, kliek hier.

DSC01991

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s