Somer Interskole 2013


clip_image002

– Simoné Bergh

Die 2013 Atletiek Interskole was ‘n reuse sukses en sover vanjaar se hoogtepunt!

clip_image002[7]

Toe daar vir die eerste keer in die saal oor die Interskole gepraat is en die leerders in hul onderskeie groepe verdeel is, was daar alreeds groot belangstelling. Na die aankondiging dat sing-songs na skool sou plaasvind, het hierdie belangstelling egter al hoe minder geword. Dit het die punt bereik waar mnr. Klopper die pawiljoenspan vir Interskole 2013 heeltemal afgestel het. Die Matrieks het ingespring en gevoel dis hul plig om sing-songs te red en ‘n sukses van hul laaste Interskole te maak. Hulle het op Facebook gekommunikeer en afgespreek om Woensdag, 6 Februarie 2013, die hele skool bymekaar te roep en vir mnr. Klopper te wys Hoërskool Strand WIL deelneem. Dit was daardie oggend ‘n belewenis in die seunsvierkant!

Die dirigente het hard geoefen en hulle was ‘n treffer. Daar gaan baie beplanning in só ‘n dag in en hierdie leerders moes baie geduld op die Interskoledag gehad het. Die kreet was ongelooflik en die dirigente het regtig iets groots in so ‘n kort tydjie reggekry. Hulle het presies 8 dae gehad om vir die pawiljoenspan die kreet en al die bewegings te leer. Wel gedaan, dirigente – julle het die Arende trots gemaak!

Verder kan elke atleet wat aan die Interskole deelgeneem het baie trots op hom- of haarself wees. Elkeen wat deelgeneem het, het bygedra tot daardie beker wat ons huis toe gebring het. Daar was ‘n paar naelbytwedlope en ‘n hele paar rekords is verbeter. Op 16 Februarie 2013 het elke Hoërskool Strand-leerder wat daar was, ‘n bydrae tot die oorwinning van daardie beker gelewer. Sonder al die leerlingbeamptes sou die dag baie deurmekaar gewees het. Sonder die pawiljoenspan sou die atlete nie so gretig gewees het om te hardloop nie en sonder atlete sou die dag nie kon plaasvind nie. Baie dankie aan elkeen.

Die leerders van Hoërskool Strand het nou gewys wat in hulle steek en daardie beker huis toe gebring.

clip_image002[9]

clip_image002[11]

 

 

 

 

 

 

 

 

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za) +27 (0)82-454 5771

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za)
+27 (0)82-454 5771

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s