Suikersoet


EC_11042013_2

– Euné Coetzee

As jy nie daar was nie, het jy baie gemis. Dit is nou maar eenmaal so. Wat nou? Waarvan praat ons? Watter aangename funksie was dit nie? Die Valentynsbal, natuurlik!

EC_11042013_3

Met ‘n tema soos “Candyland” kon dit mos nie anders as om heerlik te wees nie! Die ongelooflike atmosfeer was aansteeklik en orals was daar mense wat met groot glimlagte rondgeloop het.

Die musiek wat na elkeen se smaak was, het gesorg dat die voete behoorlik jeuk, veral toe die sokkiemusiek begin het. Die dansbaan was tot aan die einde vol; selfs toe die tafels al afgedek is, het die mense nog gedans. Daar was soveel belangstelling in dié aand dat daar nog tafels ingebring moes word!

Die saal was vrolik in al die kleure van die reënboog versier. By elke gas se sitplek het daar ‘n stokkielekker-naamkaartjie gelê en wag. Dit was pragtig en boonop kon ‘n mens dit nog eet ook!

Die mooiste rokke is gedra en die kameras het wild geflits om al die wonderlike oomblikke vas te vang. Almal het ook heerlik geëet en aan die einde van die aand kon elkeen ‘n soetigheidjie huis toe neem. Só ook ‘n hele klomp suikersoet herinneringe.

ALMAL sal saamstem dat dit ‘n fantastiese aand met goeie musiek, lekker kos en wonderlike mense was. Dit wys net weer: Hoërskool Strand kán!

 

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za) +27 (0)82-454 5771

KozMo Photography (http://www.kozmophotography.co.za)
+27 (0)82-454 5771

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s