Oorkom jou eksamenvrese


image

– Marilene Blom

“In the exams, we look down for desperation, up for inspiration and left and right for information.”

Eksamen is een van daardie dinge waarna niemand ooit uitsien nie. Dit lê soos ‘n berg voor ons en daar is niks wat ons kan doen om daarvan weg te kom nie.

So, jy kan net sowel nou ‘n paar dinge baas raak en jouself baie angs spaar.

Hier is ‘n paar wenke vir hierdie eksamen en al dié wat volg:

  1. Som elke middag die dag se werk op. Dit help jou om ‘n geheelbeeld van die werk te kry en darem nie te voel asof die werk te vreemd is nie.
  2. Moenie al jou leerwerk vir die dag voor die eksamen los nie! Dit dra net by tot jou stres.
  3. Maak soveel as moontlik vensters oop as jy leer; die suurstof help jou brein om te dink.
  4. Kry ‘n witbord en koki’s en maak asof jy die werk vir ‘n klas verduidelik. Gebruik sover as moontlik al jou sintuie om jou te help om te leer.
  5. Stel ‘n ruk voor die eksamen vir jouself vraestelle op en werk dit die dag voor jy skryf uit om jou kennis te toets. Dan kan jy net vinnig die feite wat jy nie geken het nie, hersien.
  6. Moenie die oggend voor die eksamen jou vriende probeer vasvra of oor die werk gesels nie; Dit laat jou twyfel in dit wat jy weet.
  7. Moenie na die vraestel met jou vriende gesels oor die vraestel nie. Net omdat iemand nie dieselfde antwoord as jy het nie, beteken dit nie joune is verkeerd nie.
  8. Kry iets wat jou motiveer. Om in die eksamen in te gaan sonder motivering skep jy vir jouself probleme.
  9. Neem ook tyd om te ontspan. As jy 24/7 heeltyd werk, gaan jy voor die einde van die tweede week uitgebrand wees.
  10. Laastens, studeer! Dit is iets waaroor jy nie kan debatteer nie. As jy wil goed doen moet jy eenvoudig gaan sit en leer.

Moenie te veel bekommerd wees nie. Onthou, die meeste van die mense van die wêreld het al eksamen geskryf en hulle het almal lewendig daar uitgekom.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s