Weet jy al wat jy môre skool toe dra?


april mei 346

– Louise Adendorff

Elke jaar verstom dit my hoeveel keer ek hierdie vraag gevra word. Leerders kry die geleentheid om gewone klere skool toe te dra en dan wanneer die dag wel aanbreek is die helfde van hulle in rep-en-roer daaroor.

Iets wat ‘n mens byval is die groot hoeveelheid kommentaar wat altyd uitgedeel word op sulke dae. Hier is raad vir dae wanneer gewone klere gedra kan word, asook die herfsmodes.

Om mee te begin: wanneer dit kom by gewone klere skool toe dra, hou dit steeds netjies, eenvoudig en neutraal. Dis goeie oefening vir eendag as jy die grootmenslewe invaar. Vir die seuns stel ek netjiese kort- of langbroeke voor. Jy kan nooit verkeerd gaan met ‘n spoggerige T-hemp. Dra dan daarby ‘n baadjie vir ‘n meer formele gevoel, of ‘n trui vir ‘n meer gemaklike gevoel.

Meisies, meisies, meisies! Dit lyk my van ons het die gesegde: “minder is meer,” letterlik begin toepas.

Dit gaan alles oor oorvleuling van kleur en tekstuur. Begin met ‘n basiese klassieke styl, soos ‘n noupypiebroek en voeg dan verskillende elemente soos denim, leer of bloese en skoene daarby!

Vintage  maak die seisoen ook weer ‘n verskyning. Vaar ‘n bietjie in Ouma of Ma se klerekas in. Jy sal verbaas wees van die goud wat jy daarin sal vind. As klere so oud is dat dit gate in het, is dit nie vintage nie. Vir ‘n meer outydse voorkoms kan nuwe knope op truie of bloese aan gewerk word. ‘n Borsspeld werk ook wonderlik.

5 MOETS vir die seisoen:

  1. ‘n Noupypiedenim – in ‘n neutrale kleur aangesien dit by alles gedra kan word.
  2. ‘n Denimbaadjie – dit gee ‘n sjiek voorkoms aan enige uitrusting.
  3. ‘n Gebreide trui – dit sal aan jou uitrusting tekstuur gee.
  4. Goeie stewels vir warm voetjies.
  5. ‘n Helderkleurige serp – nie net sal jou nek warm wees nie, maar dit voeg kleur en warmte by jou voorkoms.

Geniet die herfstyd se modes!

View album

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s