Stroom-af oor die rowwe rapids van die Oranjerivier


100_2130

– Euné Coetzee

Single file! Life jackets! Dit is die woorde wat elke dag ‘n paar maal deur sowat 40 matrieks oor die waters van die Oranjerivier ge-eggo het om te verseker dat almal weet daar lê ‘n rowwe rapid voor. Dan was daar skielik gedagtes van: “Hoe nou? Moes ek links roei? Regs? Watter klip?!”

Dit het ons natuurlik nie die eerste oggend geweet nie en ons was net verlig om te besef dat al ons goedjies en kossies, of baie kos, in die twee emmers en een verkoeler wat aan ons verskaf is, pas. Terwyl ons geroei het, is ons deur opgeruimde sang vermaak (Die seunskoor was daar. Wat het julle verwag?). Boonop moes ons koes of ons is sopnat gespat deur waterpistole of die gidse se moedswillige spane. Het julle geweet dat ‘n mens aan-aan kan speel in kano’s?

Klink dit so ‘n bietjie rof? Dit was! Alles was egter vet pret en na elke dag se roei, kon ons rustig kamp opslaan, die kano’s teen die naaste wal optrek, emmers en verkoelers aflaai, slaapmatte uitrol en heerlik saam met al ons vriende ontspan.

Daar is elke aand tot laataand toe onder die sterre gekuier en die eerste twee aande was die volmaan so helder dat ‘n mens nie eers ‘n flits nodig gehad het om jou medespeler se kaarte af te loer nie. Saans het ons ongelooflike gidse vir ons vuur gemaak en vleis gebraai. Daar was ook kookwater vir warm sjokolade en natuurlik vir daardie uiters belangrike koppie koffie in die oggend wat verseker het dat almal nie die hele dag zombies was nie.

Ek kan eerlikwaar sê dat daar nooit ‘n vervelige oomblik was nie. Ons het genoeg blaaskanse gekry tussen die geroei deur en hierdie geleenthede is gebruik om nappy-rides te doen, te swem, of om rondomtalie spaanspeletjies te speel totdat ‘n mens te dronk was om op jou voete te staan.

Met goeie geselskap het die 65 km wat ons geroei het, verby gevlieg of gevaar… Die herinnering van ons wonderlike avontuur sal ons altyd bybly en volgende jaar se matrieks word sterk aangeraai om hulle eie herinneringe by die Oranjerivier te gaan skep. Wie weet, dalk maak ‘n paar lede van die 2013-groep weer eendag ‘n draai by die Oranjerivier!

Wat definitief gaan gebeur Wat miskien ook kan gebeur
Jy gaan ‘n fantastiese sonbrand kry. ‘n Slang kan jou in die oog spoeg. (Moenie bekommerd wees nie; Pieter se oog makeer niks nie.)
Jy gaan met mense praat met wie jy nog nooit voorheen ‘n woord gepraat het nie. Jou kano kan op ‘n klip vassit of sink.
Jou links en regs gaan omgedraai word wanneer jy moet links roei om regs te gaan. Daar mag dalk ‘n spinnekop in jou kano verskyn.
Jy kan ‘n vis met jou roeispaan raakslaan.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s