Team Marichje


©2013 - Cherrypop Photography

©2013 – Cherrypop Photography

– Andrea Cordy

Marichje de Necker het aan die South African Championships of Performing Arts in Rustenburg deelgeneem. Sy het van die herinneringe en belewenisse van hierdie spesiale gebeurtenis vertel.

Marichje en agt ander leerders van Hoërskool Strand – Petro Ferreira, Taylor Lekas, Elke Briedenhann, Rudi Lourens, Janke Sullwald, Carla Sullwald, Jana Rossow en Charné Vermaak – het almal aan hierdie besondere kompetisie deelgeneem. Marichje het aan 8 items deelgeneem, waarvan 5 solo’s en 3 groep-items was. Sy het haar solo’s in die Broadway, Jazz, Original, Rap en Rock kategorieë gesing en die groep-items was in Contemporary, Open en Variety.

Miggie in Rustenburg

Vir elke kategorie het sy ‘n ander liedjie gesing. Vir haar Rap liedjie, het sy “Billionaire” van Bruno Mars gesing en die goue medalje huis toe gebring. Hul House of Song groep het 1 silwer en 2 goue medaljes gewen.

Indien iemand by hierdie kompetisie ‘n goud ontvang, word hy/sy in Team South Africa opgeneem en dan neem hy/sy aan die World Championships of Preforming Arts wat jaarliks in Los Angeles in America gehou word, deel.

Marichje het gesê: “Dis moeilik om só iets te beskryf. Dit was die beste ervaring van my lewe. Elke liewe dag onthou ek soos ‘n kleurvolle droom. Die medaljes en Team South Africa was slegs ‘n bonus. Dit wat ek onthou, is toe ons geoefen het by die kampterrein en vreemde mense wat vir ons hande geklap het, die giggel in die tent, die laat-nag swemsessies, my sangjuffrou wat net almal se trane moes afvee. Die beste is seker die herinneringe saam met Petro Ferreira!”

Marichje is beslis ‘n baie talentvolle dogter. Sy is ‘n inspirasie en rolmodel vir baie jong meisies wat ook hul drome wil volg om sangeresse te word. Daar is geen twyfel dat sy eendag suksesvol sal wees nie!

Miggie

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s