Soete melodieë by Hoërskool Strand


Dina Geldenhuys

Ek loop deur die gange van Hoërskool Strand. Dit reën liggies en dis yskoud. Ek het geen ander keuse as om deur die musiekvierkant te loop nie, en ek berei myself daarop voor om my haarstyl te moet red nadat dit natgeword het. Toe ek my voet op die nat sement neersit, hoor ek die klank van ‘n elektriese kitaar wat met vluitige vingers gespeel word. ‘n Vreugdebom het ontplof in die musiekklas, en die warm klank van musiek stroom by die klaskamer uit.

528485_3136756301756_1457262868_n

Musiek is al jare lank deel van die hart en siel van Hoërskool Strand, en dit is hier om te bly. Me. W. Joubert is in beheer van alles wat verband hou met die vak, met die uitsondering van die kitaar- en tromlesse wat deur buitepersone aangebied word. Alhoewel die meeste musiekleerders verkies om musiek as een van hulle 3 keusevakke vanaf graad 10 af te neem, is daar ook ‘n klein groep leerders wat dit as ‘n agste vak neem. Jy kan ook musiek in graad 9 kies in plaas van Kuns en Kultuur. Die vak word verdeel in teee afdelings, nl. teorie en prakties, wat musiekgeskiedenis, komposisie en gehoor insluit.

Die huidige musiekleerders sal definitief die vak vir enige musiekgeesdriftiges aanbeveel. Volgens Johan Kritzinger, ‘n leerder in die graad 11-musiekklas, sal hy enige iemand aanbeveel om musiek te neem sonder om te blik of te bloos, want ‘n mens se algemene kennis van musiek vergroot nie net nie, maar “jy word deel van ‘n klein, mal gesinnetjie!” As jy ‘n passie vir musiek het, is dit ‘n uitstekende verskoning om elke dag dit te doen waarvoor jy lief is, en dan voel dit glad nie eers soos skoolwerk nie.

Die gees wat permanent in die musiekklas rondsweef, is onbeskryflik. Elke dag gaan daar ‘n hele klomp musikale virtuose in en uit by daardie deure. Die volgende Wolfgang Amadeus Mozart – of dalk kruip die volgende Green Day tussen daardie mure weg. En soms, net soms, is daar iemand wat so oorloop van musikale talente dat dit nie nodig is om die “volgende iemand” te wees nie, maar die eerste Luke Smith, Jeandré Gouws, Nina McCarthy of Taylor Lekas!

Net soos ek, soek baie mense elke dag ‘n bietjie warmte en geluk. Dáár word ‘n leeftyd spandeer om vreugde te vind. Ek is een van dié gelukkiges wat reeds die plek vir my geluk en vrede gevind het. Die warmte en geluk wat deur die mure van twee klein klaskamertjies van Hoërskool Strand gloei, is waar ek myself gevind het – almal is altyd welkom. Kom deel in die vreugde van Musiek.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s