Ti Amo


Marilene Blom

 

Hoërskool Strand het iets wat min ander skole het: ‘n organisasie wat leerders in staat stel om liefdadigheidsoragnisasies te ondersteun.

Hier is ‘n kykie na Ti Amo se uitryke in die derde kwartaal en wat elk van die instansies doen.

 

  1. Huis Jan Swart (18/7) [021 854 3763]
    Huis Jan Swart is ‘n ACVV ouetehuis wat eenhede te huur stel vir pensionarisse. Die leerders van Ti Amo bied dikwels ‘n vriendelike gesig wanneer die huis se inwoners dit die nodigste het.
  2. Die nagskuiling (23/7)  [021 852 3992]
    Nugter haweloses wat ‘n R5 het, word ‘n veilige blyplek vir die nag gebied, danksy die nagskuiling. Hierdie instansie kan ‘n maksimum van 60 mense op ‘n slag huisves.
  3. Sopkombuis (4/9)
    Ongeveer ‘n 100 mense meld soggens by die sopkombuis aan om ‘n voedsame ontbyt te ontvang. Hierdie instansie word ook deur die NG Gemeente Helderberg ondersteun en meer inligting kan op die gemeente se facebook-blad gevind word.
  4. Helderberg Hospice (29/8) [021 852 4608]image
    Helderberg Hospice bied sorg aan mense wat aan kanker, MIV/Vigs en ander lewensbedreigende siektes lei. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste: www.helderberghospice.org.za

  5. SPCA (14/9) [021 856 5662]
    imageGordonsbaai se dierewelsyn bied kos, skuiling en mediese sorg aan honde en katte wat mishandel of verwaarloos is. Die instansie is dringend opsoek na goeie huise vir van die honde.

 

 

 

 

Hierdie is net ‘n fraksie van die goeie werk wat Ti Amo doen. Onthou, dis nooit te laat om aan te sluit nie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s