Regte of Musiek? Wat moet ek kies?!


Ek is tans in graad 11. My ouers vertel heeltyd vir my hoe belangrik hierdie jaar is en dat ek hard moet werk om aanvaar te word vir universiteit. Hulle verwag dat ek na skool regte moet gaan studeer, maar my passie lê by musiek.Hoe besluit ek tussen wat my ouers verwag en wat my hart vir my sê?

#Hopelose Sarie

Liewe Hopelose Sarie,

Wat jy na skool wil gaan doen, moet jou keuse wees. Jy moet ‘n beroep kies wat vir jou ‘n passie is. Dit help nie jy gaan doen iets net om iemand tevrede te stel nie. Dit gaan jou nie gelukkig maak nie en jy gaan uiteindelik nie jou werk geniet nie – jy gaan só baie tyd by jou werk deurbring. As dít nie iets is wat jy geniet nie, sal dit jou verveel en jy sal nie daarvan hou om by die werk te wees nie. Wees eerlik met jou ouers en vertel hulle nou al van jou planne en aspirasies. Ek is seker hulle sal verstaan. Soos enige ouers, wil hulle óók hê dat jy sukses en geluk sal vind in dit wat jy doen.

#VraMyMeer

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s