Vaarwel aan uitstekende onderwyser


n_koekemoer   – Marilene Blom

Hoërskool Strand neem hierdie jaar afskeid van mnr. N Koekemoer, ‘n man wat geken word vir sy goeie aanbieding van Rekeningkunde. ‘n Onderhoud is met mnr. Koekemoer hieroor gevoer.

Wanneer is Meneer se laaste dag by Hoërskool Strand?

31 Desember 2013 – die einde van die jaar.

Waarheen gaan Meneer en hoekom?

Ek gaan Mosambiek toe om sendingwerk te doen.

Is dit Meneer se passie?

Absoluut. Dit is al vir vyf jaar.

Is Meneer bly dat Meneer hierdie besluit geneem het?

Ek is bly, maar ek is ook hartseer oor die feit dat ek moet weggaan. Die Here het my geroep en jy moet doen wat Hy sê.

 Hoe lank gee Meneer al by Hoërskool Strand skool?

 Vyf jaar.

 Beplan Meneeer enigiets spesiaal as afskeid?

 Nie regtig nie. Wel, nie waarvan ek weet nie.

 Gaan Meneer skoolgee en Hoërskool Strand mis?

Ja, ek gaan nogal.

Wie gaan Meneer die meeste mis?

Ek mag nie diskrimineer nie. Daar is ‘n hele paar onderwysers en kinders wat ek baie gaan mis. Ek is darem op facebook. Facebook is altyd daar.

Wat is Meneer se laaste brokkie advies aan Meneer se studente?

Voor jy enigiets doen, moet jy eers vir die Here vra of dit sy wil is.

Mnr Koekemoer volg beslis sy eie raad en is ‘n voorbeeld vir almal. Sekerlik sal hierdie onderwyser baie harte verander met sy sendingwerk. Hoërskool Strand groet dus ‘n man met goeie beginsels en baie integriteit. Alle voorspoed word aan mnr. Koekemoer toegewens.

Meer oor Mozambique

mosambiek

Bo: Mozambique se landsvlag
Hoofstad Maputo
Amptelike tale Portugees
Regering
President
Eerste Minister
Republiek
Armando Guebuza
Luisa Diogo
Bevolking
– 2000 skatting
19 104 696
Geldeenheid Metical (Mt) (MZM)
Onttrek vanaf Wikipedia.org

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s