Rubriek: “Graad 8” … wat ‘n belewenis.


Juhan Nagel

Ek het ‘n groot vrees gehad vir die hoërskool, want almal het altyd vir my gesê “jy gaan swaar kry op Hoërskool” en “jy wou my mos pes toe jy klein was, nou is jy graad agt en ek is in matriek”. Toe hulle dit vir my sê het dit gevoel of ek wou dood gaan. Maar, toe die dae nader kom het die stres minder geword en ek was so opgewonde vir skool ek het ‘n week voor die tyd my tas gepak.

Die eerste dag het aangebreek ek stap van die huis af met my groen Checkers plastieksak op my kop en met twee swart “goedjies” wat uitsteek bo my kop. Die melkdoppie het dit net gedoen vir die hele plankton kostuum. Ons almal kom toe by die skool bymekaar waar ons ouers saam met ons in die saal in gaan. Ek sien ‘n klomp van my laerskool vriende sit reeds in die saal met hulle spoggerige nuwe blazers en skoene aan, ek het langs my twee vriendinne gaan sit. Hulle was op daardie oomblik die naaste aan my. Toe ons ouers weg is gooi hulle ons in die diep kant in.

Die doop – ek onthou nou nog die liedjie wat ons uit volle bors geoefen het: “Ek is ‘n kuiken, ek wens ek was ‘n Arend. Ek’s lief vir my matrieks. Yes! Yes! Yes!” Toe ons eerste dag amper klaar was het ons oudisies gehad vir die kuikenkonsert. Ek het wraggies die hoofrol gekry! “Mr. Fox”.

Die tweede dag, steeds met ons Plankton drag tree ons aan by die netbalbane waar ons soos hangers moes optree, soos jellyvisse blaf en “Twinkle Twinkle Little Star” voor die hele skool sing. Later die dag het Tania Coetzee (Matriekleerderraadslid) vir ons die Kuikendans geleer, wat vir baie snaaks was, want nie een van ons kan eintlik dans nie.

Donderdag het verby gegaan en ons kom toe by vrydag – die alarms het in my kop afgegaan: ken ek my woorde vir die Kuikenkonsert? Ken ek my dans? Die dag het heelwat kalm verbygegaan tot-en-met die kleedrepitisie waar die matrieks vir ons kom kyk het. Die tyd het aangebreek: die saal was vol ouers en ons het begin… Ek het gelukkig nie die vloer oopgemaak nie; hulle praat toe eers ‘n tyd lank en die gordyne gaan oop, dis toe “Do or Die”. Ek slaan ‘n bollemakiesie tot op die verhoog en daar is ek, “Mr. Fox”, met my bruin tights, oranje hemp, lang bruin stert en punt oortjies.

So gaan die konsert aan en die oomblik het gekom waarvoor ek gewag het – my dansie wat ek nie kon dans nie – “What does the fox say?” Van daardie oomblik is my naam in die hoërskool: “Foxy”, “Wolfie” of “Mr. Fox”. Ek moet sê, nie net ek nie, maar almal in 2014 se kuikenkonsert het regtig Marichje de Necker se moeite waardeer wat sy ingesit het as regisseuse. Donderdag, die volgende week, was dit kleure atletiek. Die rooispan se optog was vir my die beste.

Ek het nooit gedink hoërskool sal so lekker nie en dit is beslis heeltemal anders as die laerskool. Rede? Daar is meer aktiwiteite in atletiek en in die skool self. Ti Amo (It. Liefde) is een van die aktiwiteite wat ek die meeste in belangstel. So waarvoor wag jy – gaan skryf in vir aktiwiteite! Arende staan saam, en saam doen ons dit beter!

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s