Ons nuwe Arend-lid Juffrou René van Niekerk


rene van niekerk, Hoërskool strand, nuwe leerders

©2014 Hoërskool Strand

Hoërskool Strand het ‘n nuwe toevoeging tot ons Arend- familie gekry,  Juffrou René van Niekerk

Tydens die onderhoud met die nuwe Engels-FAL  juffrou , het dit na vore gekom dat sy ‘n groot Stormers-ondersteuner en ‘n bakker in geheim is.

Haar liefde vir kinders en taal was die hoofrede  hoekom sy in die onderwysrigting gaan studeer het.

Sy bied Engels Tweede taal vir graad 8, 9 en 11 aan. Haar raad vir leerders om van haar vak te hou, is om oneindig baie te lees, let wel:  Engelse boeke.  So kweek ‘n mens ‘n liefde vir die betrokke taal aan.

Haar ma is haar rolmodel omdat sy ‘n baie sterk vrou is en wat al baie opofferings gemaak het om haar familie en vriende te versorg.

Haar verjaarsdag is die 21ste Augustus en ‘n paar interessante feite van haar is dat sy al vir jare in Kraaifontein woon. Sy hou van dans en sing en het ook ‘n passie vir digkuns skryf en opvoer.

Een van die vernaamste gebeure was toe die miere haar klas oorgeneem het en  ook haar kos verorber het.  Die beste gebeurtenis was toe ‘n matriekleerder haar met ope arms  by Hoërskool Strand verwelkom het.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s