Trotse Arend waardes.


A– Ambisieus

R– Respekvol

E– Eerlik                                               se Waardes

N– Netjies

D– Diensbaarheid

Hoërskool Strand het in 2015 besluit om ‘n toekoms van waardes in te stel vir elke trotse Arend om na te streef.

Die doel van hierdie waardes is sodat elke Arend ‘n verskil in die gemeenskap kan  maak ongeag die grootte van die saak. Om te doen wat reg is, is soms baie maklik en eenvoudig, so eenvoudig soos bloot goeie maniere.

Die kernwaardes is soos volg: Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid en Verantwoordlikheid; waarvan respek die belangrikste deel vorm.

Hoërskool Strand is alreeds besig om nuwe veranderinge te ondergaan onder andere die moontlikheid van ‘n leerlingraadsaal waar leerders in leiersposisies die voorreg en verantwoordelikheid het om hul mede-leerders onder hul te lei en te inspireer.

In hierdie betrokke saalbyeenkomste sal daar elke week ‘n nuwe waarde voorgelees word waar die leerders die uitdaging sal ervaar om dit toe te pas. Die daarop- volgende week sal die leerlingraadslede hul mede-leerders inlig oor wat hulle die vorige week bereik het.

Mnr. C. Klopper, die skoolhoof, het gesê:  “Wanneer ons waardes elke dag leef, daaroor praat en ons eie maak, raak dit deel van ons karakter.”

Jong Arende wat sweef met waardes is die toekoms van ons gemeenskap. Kom ons bou voort op vandag sodat ons ‘n blink toekoms het!

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s