God se soldate 2015


– Nicky-Louise Byrne

Op 30 Januarie tot

Hoërskool Strand © 2015

Hoërskool Strand © 2015

1 Februarie het die nuut aangestelde Fuel-kringleiers van Hoërskool Strand aan die jaarlikse Fuel-kamp deelgeneem waar hulle opgelei is om saam met die leerders van Hoërskool Strand op ‘n geestelike pad te stap.

Die Vrydagmiddag het die Fuel-kringleiers halfvier by Hoërskool Strand se hoofhek vergader waar die leerders in twee bussies verdeel het. Leerders het net na vyf by die kampterrein arriveer.

Die sessies waaraan die kringleiers deelgeneem het, was ‘n uur en ‘n half lank. In daardie betrokke sessies het hul geleer hoe om konflik op die regte manier te hanteer, nuwe metodes om kinders na God toe te lei asook probleemoplossing met jou medemens.

Daar is ook aktiwiteite vir die leerders beplan. Een van daardie aktiwiteite was om Saterdagmiddag die berg uit te klim en dan ‘n heerlike waatlemoen bo-op die berg saam met die fantastiese uitsig te geniet. ‘n Ware beloning vir hul harde werk!

Alle Fuel-kringleiers spreek hul dank uit aan Marius Wolfaardt van Jam wat hulle geȉnspireer het om op nuwe maniere kinders te benader en geestelik te versterk in God se Woord.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s