Hoërskool Strand wemel van Tweelinge


– Danelle van der Westhuizen

As dit vir jou voel asof jy hierdie jaar begin dubbel sien in die skoolgange, hoef jy nie

bekommerd te wees nie. Saam met die nuwe graad agts van hierdie jaar het ses pare tweelinge ingeglip.

Adriaan en Pieter Lambrechts het nog elke jaar dieselfde klas gedeel, maar het gevoel hoërskool is die tyd waar hul hul vlerke kan sprei en hul eie identiteit ontwikkel. Gelukkkig sal hulle mekaar nog op die sportveld teëkom en mekaar op xbox kan uitdaag.

Christene en Karine Meyer is nog ‘n tweeling wat hierdie jaar mekaar slegs buite die klaskamer gaan sien en nie meer die onderwysers gaan verwar nie. Hulle sal nie hierdie jaar op mekaar se klasnotas kan staatmaak nie. Hulle is goeie vriende en deel belangstellings soos lees.

Jean en Franso du Toit en Clemencia en Keisha Pater neem dalk aan dieselfde aktiwiteite deel, maar hulle persoonlikhede is glad nie so identies soos hulle voorkoms nie.

Die tweelinge Elsefie en Elbé Fouché beweer dat hulle al hoe hoe minder na mekaar sal lyk soos wat hulle ouer word. Dylan en Michael Fouché is die laaste van die tweelinge wat hierdie nuwe era by Hoërskool Strand begin en ‘n groot impak op die akademie, sport- en kulturele gebied gaan maak.

 

©Hoërskool Strand 2015

Voorste ry:  Adriaan Lambrechts, Pieter Lambrechts, Dylan Fouche, Michael Fouche

Middelste ry:  Clemencia Pater, Keisha Pater, Christine Meyer, Karine Meyer

Agterste ry:  Jean du Toit, Franso du Toit, Elbe en Elsefie Fouche

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s