Arend keer terug na haar Nes


Anja van Zyl

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Lewensoriëntering kry ‘n vars blaadjie met die nuutste byvoeging tot die Hoërskool Strand-familie, maar sy is eintlik alreeds vir jare lank deel van hierdie familie! Ons het haar ‘n bietjie beter leer ken.

Die nuwe Lewensoriëntering onderwyser, me. Ziel, sê dit is vir haar aangenaam om terug te wees by Hoërskool Strand. Haar gunsteling deel van haar werk is om op ‘n informele vlak met jong mense te kan werk.

Haar gunsteling sport is tennis en sy hou glad nie van draf nie. Volgens haar is Hoërskool Strand nog steeds ‘n goeie skool en dus was dit nie vir haar ‘n groot aanpassing om terug te wees nie.

Sy het vier jaar by De Rus skoolgehou en een jaar by Overberg voordat sy teruggekeer het na haar eie hoërskool. ‘n Baie aangename verrassing vir almal is om uit te vind dat me. Ziel ook geheime talente het! Sy teken en skilder graag. Me. Ziel sê dat sy glad nie streng is nie, behalwe oor dinge soos respek en goeie maniere. Haar beroep van ‘n LO-onderwyseres het definitief vir haar gekies, want sy het ‘n groot passie vir Sielkunde en sport.

Me. Ziel word met ope arms terugverwelkom by die Hoërskool Strand.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s