SOMER-INTERSKOLE: ‘N DAG OM TE ONTHOU


– Joshua Lausberg

© 2015 redaksie

© 2015 redaksie

Vir weke was daar ‘n gevoel van gees en eenheid in ons skool voordat die jaarlikse Somer-Interskole plaasgevind het. Van die sangers op die pawiljoen, die atlete op die veld en selfs die tuisblyers wat diep in hulle harte vir Strand geskree het, was daar groot verwagtinge vir wat dié interskole sou oplewer.

Na al die harde oefening en sang op warm dae het Hoërskool Strand by die Coetzenberg-stadion op 16 Februarie opgedaag om teen Hoërskool Hottentots-Holland en Hoërskool Parel Vallei te kompeteer vir die algehele trofee.

Stap-items, 3000m-wedlope en hamergooi-items het by Hoërskool Strand op 11-12 Februarie plaasgevind. Tydens hierdie geleenthede het Thabo Ntuthu, 0.17-seuns, ‘n rekord in stap behaal en Melissa Niemand, 0.17-dogters, ‘n rekord  in Hamergooi behaal. Behalwe vir hulle was daar baie ander atlete wat Hoërskool Strand trots gemaak het in hulle onderskeie items.

Op die hoof Somer-Interskole-dag het Strand se span hulle beste poging aangewend en sodoende die vrugte daarvan gepluk. Spiese is gegooi, gewigte is gestoot en bene het gehou soos die skare die atlete van Strand met volle moed toegejuig het. Aan die einde van die Interskole het Hoërskool Strand se atlete met die volgende trofees huis toe gekom: Seuns 0.15, 0.17 en 0.19 asook dogters 0.17 en 0.19. Hoërskool Strand het ongelukkig nie die algehele trofee verower nie, as gevolg van ‘n skamele 11 puntjies, maar hierdie dien as ‘n motivering om vorentoe te stoot en volgende jaar vir almal te wys wie werklik die beste is.

Hier volg die medaljes wat aan individue gegee is wat algeheel die beste presteer het in ‘n item:

Karla Prins (Dogters 0.14) – Gewigstoot

Melissa Niemand (Dogters 0.17) – Hammergooi

Simoné Rossouw (Dogters 0.17) – Driesprong

Mercia Oosthuizen (Dogters 0.17) – Hekkies

Christall van Rensburg (Dogters 0.17) – Hoogspring

Delia Meyer (Dogters 0.19) – Stap

Gunther Möhr (Seuns 0.15) – Diskus

Gershon September (Seuns 0.15) – Verspring

Hein Visagie (Seuns 0.15) – Stap

Christiaan de Wet (Seuns 0.15) – Hekkies

Henrico Janse van Rensburg (Seuns 0.17) – Hamergooi

Zaid Williams (Seuns 0.19) – Middelafstande

Mercia Oosthuizen is vir die tweede opeenvolgende jaar as die Victrix Ludorum van die dag aangewys vir haar prestasies in die  100m- en 200m- en 400m hekkies.

Daar is ook twaalf rekords deur Hoërskool Strand-atlete opgestel:

Dewald de Koker (Seuns 0.14) – 400m

Karla Prins (Dogters 0.14) – Gewigstoot

Christiaan de Wet (Seuns o.15) – Hekkies

Gershon September (Seuns 0.15) – Verspring

Melissa Niemand (Dogters 0.17) – Hamergooi

Thabo Ntuthu (Seuns 0.17) – Stap

Mercia Oosthuizen (Dogters 0.17) – 200m, 100m hekkies en 400m hekkies

Simoné Rossouw (Dogters 0.17) – Driesprong en 4x100m aflos

Zaid Williams (Seuns 0.19) – 400m

Hoërskool Strand is trots op die puik werk van al hul atlete en die pawiljoenspan, en mik om volgende jaar die trofees terug te bring na hul regte huis toe.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s