Mode by die Grammy-toekenningsfunksie


katy perry
309569-taylor-swift-grammys-2015-reutersRihanna (1)

 

 

 

 

 

 

 

 

Karli Koegelenberg
Die publiek is mos gaande oor hierdié toekenningseisoen. Al die aandrokke laat ‘n mens elke jaar snak na asem. Die Grammys is egter ‘n klein bietjie anders as al die film-toekennings wanneer dit kom by wat om aan te trek…
Die sangeresse is effe meer gewaagd met hul keuses van uitrustings en haarstyle. Party kry dit 100% reg – en dan is daar ander wat, ai-ai, dit nét nie kan regkry nie.
Hier is die top twee wat fantasties by die Grammys gelyk het:
Katy Perry se hare is alwéér ‘n ander kleur, maar ‘n mens verwag niks minder van haar nie. Haar pers hare het fantasties gelyk saam met ‘n eenvoudige snit rok met kralewerk.
Taylor Swift is een van dié wat dit in kleur gewaag het. Omdat Taylor so lank is, het die balrok van agter en mini van voor vir haar gewerk. Dié snit sal nie vir almal werk nie.
Nou vir die twee swakste geklede vroue :
Charli XCX het ‘n wit broekpak aangehad, maar dit het eerder gelyk asof sy uit die fliek Dumb & Dumber ontsnap het.
Rihanna se uitrusting was uiters vreemd, aangesien ‘n mens iets meer elegant verwag het. Sy het dié keer eerder soos ‘n malvalekker-ontploffing gelyk.
Kom ons hoop volgende jaar se Grammy-toekennings hou meer stylvolle en unieke rokke in.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s