Glad nie uit die veld geslaan oor Interskole Krieketuitslae


– Danelle van der Westhuizen

Vir die eerste keer sedert 2003 het Hoërskool Strand en HHH weer op ‘n Vrydag kragte gemeet. Hoërskool Strand het ‘n jarelange droogte verbreek en vir die eerste keer sedert 2009 geseëvier.

Wat hierdie dag meer betekenisvol gemaak het, was dat die nuwe krieketkamer onder leiding van die krieketkomitee se voorsitter, mnr. Jurie Gouws, ingewy is. 6 Maart was ook die verjaarsdag van mnr. Peter de Klerk, die beheerliggaam se ondervoorsitter en belas met sport, en hy kon toe die Wessels-trofee aan die Hoërskool Strand eerste krieketspankaptein, wat ook sy seun is, oorhandig.

Hoërskool Strand se nuwe krieketafrigter, mnr. Ruan Serfontein, het dalk Vrydagaand die lekkerste gaan slaap. Hy het sommer in sy eerste seisoen by Strand ‘n reuse sukses behaal.

Hoërskool Strand het met 98 lopies gewen. Op 72/6 het die span wankelrig begin lyk, maar danksy ‘n kapteinsbeurt van 75 lopies deur Peter de Klerk het die Arende 185 lopies aangeteken.

Hierop het HHH met 87 lopies geantwoord. Rewayne Viljoen het 5/19 en Xander Barnard 3/0 het uitstekend geboul. Xander Barnard het HHH se laaste drie kolwers met drie agtereenopvolgende balle uitgehaal.

Hoërskool Strand se 0.19B-span het op ‘n dramatiese wyse met 3 lopies koning gekraai, veral danksy André Viviers se uitstekende vangskoot.

Die 0.15B-span het HHH verniel en dié span het met 109 lopies gewen. Alhoewel albei die 0.14- en 0.17 spanne van Strand verloor het, het hulle nie aan entoesiasme ontbreek nie.

Met ‘n vol pawiljoen regdeur die dag, het die res van die Arende gewys hulle staan agter ons spanne. Saam doen ons dit beter.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s