Arende Vlieg Hoog by Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste


– Juliana Hayes

Hoërskool Strand se leerders het alweer uitgeblink en gewys wat gedoen kan word by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Kampioenskap van Uitvoerende Kunste. Die leerders wat deelgeneem het, is:

  • Taylor Lekas (sang)
  • Elke Briedenhan (sang)
  • Juliana Hayes (sang)
  • Tarine Bruwer (dans en modelwerk)
  • Janneke de Necker (dans)

Bogenoemde leerders het ‘n groot versameling van goue, silwer- en bronsmedaljes gewen.

Daar was sowat 3000 deelnemers betrokke by hierdie uitdagende kompetisie.

Die geleentheid het plaasgevind by Rustenburg se Burgersentrum waar deelnemers regoor Suid-Afrika bymekaar gekom het om mee te ding.

Deelnemers kom elke jaar met nuwe lewensvaardighede en ‘n positiewe karakter terug.

Na die beoordeling word daar ‘n ‘showcase’ gehou waar al die goue items gewys word deur middel van ‘n pragaand met vuurwerke en ballonne.

Welgedaan aan hierdie Arende!

©Hoërskoo Strand

©Hoërskoo Strand

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s