Hoërskool Strand se Sportspanne Vlieg Hoog!


-Leoné van der Westhuizen

Die 19A-rugbyspan het van 1 tot 6 April die jaarlikse Oakdale-toer waaraan 30 spanne deelgeneem het, bygewoon. Hierdie toernooi word al vir 36 jaar aangebied.

In die eerste twee wedstryde het Hoërskool Strand teen Welkom Gimnasium gespeel, wat as een van die top vier spanne van die toernooi beskou is, en het 19-7 verloor. Saterdag het die Hoërskool Strand teen Windhoek Gimnasium, wat ‘n onoorwonne span in Nambië is, gespeel. In moeilike, nat omstandighede het Hoërskool Strand met ‘n telling van 10-0 van die veld afgestap.

Maandag, in beter weer, het Hoërskool Strand teen Augsburg Gimnasium gespeel  en met ‘n uitstekende telling van 40 – 7 gewen.

Die eerste seuns- en meisiehokkiespanne het ook op 1 April vertrek om aan die jaarlikse York Easter Festival in George deel te neem. Hulle het 13 wedstryde in totaal gespeel.

Die meisies het York Invitation 2 – 0, Somerset College 3 – 0 en Edgemead 3 – 0 gewen en gelykop gespeel teen St Dominics, York High en HS Durbanville.

Die seuns het Port Rex 1 – 0, Somerset College 2 – 1 en St Dominics 2 –0 gewen. Hulle het gelykop gespeel teen York Invitation en Bergvliet en teen Edgemead en Victoria Park verloor.

Die eerste netbalspan van Hoërskool Strand het van 1 tot 6 April aan die Arthur Johnson sportweek in Mosselbaai deelgeneem en is deur me. Smit, me. van der Walt en hul afrigter, mev. Pietersen, vergesel. Daar het 15 skole deelgeneem waar hulle elke dag afrigting gekry het en daarna wedstryde teen ander skole gespeel het.

Hoërskool Strand het 14 wedstryde gespeel waarvan hulle 13 gewen het en 1 gelykop gespeel het. Die skool het tweede geëindig  en Angelique Esau, die senter, is as die beste senter van die toernooi aangewys.

Ses van ons spelers is gekies om in die September-vakansie in Hong Kong waar hulle teen oorsese spanne sal speel, deel te neem. Die netbalspelers is Caleigh Stuart, Jodri Oosthuizen, Angelique Esau, Kayla Chatburn, Chantelise Watkins en Linzé Dippenaar. Hoërskool Strand se eerstespan-netbalafrigter, mev. Pietersen, is gekies om as die afrigter van hierdie span op te tree.

Mag julle volhard en oorwin nes  Arende kan! Daar word na ‘n baie belowende sportseisoen uitgesien!

©Hoërskool Strand

©Hoërskool Strand

©Hoërskool Strand

©Hoërskool Strand

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s