‘n Meester in ons Midde


– Joshua Lausberg

Vanjaar het Hoërskool Strand ‘n stuk goud ontvang in die vorm van ‘n nuwe skaakafrigter wat die skaakspan tot groot hoogtes gaan lei. Hierdie afrigter se naam is Robert Gwaze en daar is soveel meer aan hom as wat sy nederige gesig wys.

Robert is in Zimbabwe gebore waar hy Prince Edward High School, in Harare, bygewoon het. Teen die ouderdom van vyftien was hy ‘n Zimbabwiese nasionale skaakkampioen by beide junior en senior vlak. Deur die Nasionale Kampioenskap te wen, het hy die jongste mens wat die kampioenskap gewen het, geword. In 1998 het Robert die African Junior Championships in Kenya gewen, asook die titel van Internasionale Meester(IM), een van die hoogste titels in skaak, ontvang. Een van sy grootste prestasies was by die 2002 Skaak Olimpiade – in Bled, Slovenia – waar hy ‘n skaarse perfekte telling bereik het deur al sy nege potte op die eerste bord te wen.

In 2007 het hy die Afrika Indiwiduele Skaakkampioenskap in Windhoek, Namibië gewen wat vir hom ‘n plek in die 2007 Skaak Wêreldkampioenskap verseker het. Hy was ongelukkig in die eerste ronde  deur Alexei Shirov uitgeskakel. Hy het eerste in die Cuca Trofee Internasionale Toernooi in 2010 in Luanda, Angola geplaas. Hy het ook aan die 2011 Skaak Wêreldkampioenskap deelgeneem, maar is in die eerste ronde deur die vorige FIDE Wêreldkampioen, Ruslan Ponomariov, uitgeskakel.

Dit is duidelik dat ons werklik ‘n meester in ons midde het. Ons is baie opgewonde om hom by ons skool te hê. Met Robert aan die voorpunt van die skaakspan gaan ons nog groot prestasies van hulle kant af sien.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s