Koshuiskaskenades: ‘n Goeie Begin vir ‘n Suksesvolle Toneeljaar


– Dina Geldenhuys

In die week van 2-5 Februarie het die dramaklas gewemel van verskillende talentvolle leerders wat oudisies afgelê het om ‘n plek in een van Hoërskool Strand se toneelstukke los te slaan. Diegene wie se oudisies suksesvol was, was opgewonde om uit te vind watter rolle hulle hierdie jaar gaan vertolk.

Hoërskool Strand bied vanjaar 4 verskillende toneelstukke aan: Koshuiskaskenades, Alice in Wonderland, Oraniakappie en Goed Genoeg. Een van hierdie vier toneelstukke is op die aand van die 22ste Mei met ‘n groot glimlag van die lysie af doodgetrek.

Koshuiskaskenades bestaan uit twee toneelstukke, nl. ‘n Kwessie van Verbeelding en Markus Antonius. Aan die dogterskant van die koshuis speel daar interessante gebeure af soos Nicholas probeer om sy soetsappige boodskappe van sy gewese meisie, Michelle, af te vee. Aan die ander kant van die verhoog, in die skoolhoof se kantoor, probeer Toon en sy vriende hulself loslieg van beskuldigings dat hulle rook.

Koshuiskaskenades is ‘n prettige stuk wat onder die leiding van mnr. De Necker en me. Lightfoot ‘n reuse sukses geword het. Die junior akteurs het beslis sterk saam met die seniors gestaan en het gesorg dat daar vinnig ‘n hegte band tussen die akteurs gevorm het.

Met min tyd om te oefen, ‘n paar tye wat liefs nie oor gepraat word nie en ‘n reuse emmer vol ongelooflike herinneringe, groet die toneelspan vir eers vir Koshuiskaskenades.

 Hoërskool Strand hou die nuwe talent wat ten toon gestel is met hierdie produksie, met arendsoë dop, en groet diegene wie se laaste keer dit op die verhoog was, met ‘n swaar hart. Hierdie groep leerders het gesorg dat die hele dorp weet dat Hoërskool Strand se toneel van 2015 begin het en

met ‘n reuse knal afgeskop het.

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s