Marita van der Vyver: Die Afrikaanse Skrywersikoon


– Liezel Simon

“Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ‘n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer. En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam “op wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken.”– Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

Marita van der Vyver is in Kaapstad gebore en het ‘n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is ‘n veel bekroonde skrywer en haar jeugroman, “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom”, het die gesindheid van tieners oor voorgeskrewe boeke vir altyd verander. Dit was ‘n voorreg om met hierdie Afrikaanse skrywersikoon ‘n onderhoud te kon voer.

  1. Wat het jou geïnspireer om die jeugroman Hanna Hoekom te skryf?

In Frankryk is ek amper soos Hanna se ma vasgevang in ‘n laslappiegesin. Ek het met my seun Frankryk toe getrek en daar verlief geraak en met ‘n Fransman getrou. Hy het twee seuns van sy eie gehad. Ons het saam ‘n dogtertjie, Mia. Ek het Hanna Hoekom geskryf, want ek wou deur die oë van my kinders die laslappiegesin aanskou.

  1. Hanna Hoekom het ‘n alter ego genaamd Fabienne in die jeugroman. Het jy ‘n alter ego?

Toe ek klein was, het ek ‘n verbeeldingsmaatjie gehad. Soos ek ouer geword het en die

tienerjare getref het, het ek ‘n dagboek begin hou. In ‘n dagboek skryf jy mos tog aan iemand. Dit is nou net nie meer ‘n verbeeldingsmaatjie nie, maar jou alter ego.

  1. Is daar ‘n volgende jeugroman op die horison?

Ja, “Swemlesse vir ‘n meermin”. Hierdie jeugroman is ‘n opvolg op “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom”. Die boek handel oor ‘n lewensgids wat Hanna vir haar sussie geskryf het en wat sy eers mag lees wanneer sy 13 is.

  1. Wat is die boodskap wat u wou oordra aan die jeug met Hanna Hoekom?

Terwyl ek die boek geskryf het, het ek nie soos ‘n dominee gesit en dink aan die boodskap wat ek wil oordra nie. Die boodskap wat die jeugroman wel oordra is dat dit “great” is om anders te wees.

  1. Watter motivering kan u bied vir jong, opkomende skrywers?

Gaan sit en begin skryf en hou aan met skryf totdat jy klaar is. Moenie wag totdat die inspirasie jou tref of daarvoor gaan soek nie. Skep jou eie inspirasie. As jy buite staan en die wind waai, skryf oor die wind.

Marita en haar meesterstukke is een van die redes waarom ek trots is om Afrikaans te wees. Ons kan nie wag vir die voorreg om al haar toekomstige boeke te lees nie!

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s