Oranjerivier 2015: ‘n Onvergeetlike Avontuur


Zoé van der Merwe

‘n Mens moet ten minste een keer in jou lewe onder die sterre slaap. Soos jy na die oop lug staar en al die ongelooflike sterre bo jou kop sien skitter, besef jy hoe ongelooflik die natuur is. Diegene wat nog altyd daarvan gedroom het om hierdie prag te bewonder, het dit beslis geniet om op die Oranjeriviertoer te gaan!

‘n Groep van 43 graad 12-leerders, Me. van der Walt, Me. Ziel, Mnr. Human en Mnr. Joubert het op 26 April 2015 vertrek op hierdie onvergeetlike toer. Net mense wat dolverlief op die natuur en avontuur is, sal 04:30 op ‘n Sondagoggend opstaan om 06:00 te vertek na die Oranjerivier toe. Daarna moes hulle sowat 8 ure op ‘n bus ry.

Die groep matriekleerders moes ongeveer 93km roei gedurende hul toer! Die eerste dag, wat die ergste was, het hulle 30km roei. Elke dag sou hulle vinnig vir middagete stop, en dan weer in hul kanoes klim en roei tot ‘n geskikte slaapplek – natuurlik op die wal van die rivier.

Die leerders het in pare geroei, en elke roeipaar beskik oor 1 koelboks en 2 emmers elk om hul besittings in te bêre. Alles van kos tot hul slaapsak moes elke dag op die kanoe gelaai word en word verder saamgedra tot by die volgende slaapplek. Elke aand het die vier toergidse vir die leerders en onderwysers heerlike Namibiese vleis gebraai.

Volgens Lindie Strömbeck, een van die gr. 12-leerders wat op die toer was, was die hoogtepunt definitief die rapids. Hoërskool Strand se matrieks het beslis gewys wie is die baas van hierdie strome deur slegs ‘n paar roeipare sopnat te laat. In Sambok, ‘n groot gunsteling, het slegs Peter en Rianka se spane stroomaf gedryf, en by Gamkab het Hanco, Franco, Diederick en Minzélle onder die krag van die branders gely. Ons praat liewer nie van albei die onderwyserpare wat meer onder die water as in hul kanoes was nie!

Toe die skool weer na die 1ste Mei begin, wemel die skool van bruingebrande matrieks wat saam lag en dinge soos “Single File!”, “Life Jackets!” en hul eie weergawe van Mnr. Human se krete van “All Aboard!” deur die skoolgange skree. Die aansteeklike Matriekgees sweef nounog deur die skool soos wat sonbrand verminder en nappy runs ‘n vae herinnering word.

‘n Mens hoef nie ‘n natuurliefhebber of adrenalienjunkie te wees om ‘n toer op die Oranjerivier te geniet nie. Die Oranjeriviertoer is ‘n goue geleentheid wat Hoërskool Strand al vir jare lank aan hul matriekleerders bied om gees te bou en om onvergeetlike herinneringe te skep saam met jou mede-leerders.

Die matriekgroep van 2015 is werklik ‘n ongelooflike groep, met arendtrots wat aansteeklik is en wat ‘n goeie voorbeeld aan jonger grade stel. Die Oranjeriviertoer van 2015 was nog ‘n plek waar hierdie groep leerders weereens kon wys hoekom hulle die naam “Arend” verdien. Nou, soos elkeen van hierdie 43 leerders na die lug staar elke aand, word hulle herinner aan die onvergeetlike nagte onder die sterre. Die Oranjeriviertoer van 2015 is beslis ‘n onvergeetlike ervaring.

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s