RESENSIE Koshuiskaskenades


***

– Marilene Blom

Hoërskool Strand se eerste toneelstuk vir 2015 is ‘n komedie wat oor twee groepe kinders se lawwighede in een koshuis gaan. Aan die een kant van die verhoog, volg die gehoor die storie van ‘n senior seun en ‘n graad 8-kuiken wat tevergeefs in sy gewese meisie se kamer rondsnuffel op soek na haar selfoon om al sy soetsappige boodskappe uit te vee, en hier kom die woord “KAS”kenades goed te pas. Aan die anderkant speel drie geheime rokers se plannetjies om onskuldig te lyk, af.

Alhoewel Koshuiskaskenades ‘n effe voorspelbare storielyn het, word die eenvoud afgewissel met uitstekende dramatiese ironie en die vindingryke gebruik van die stel en rekwisiete. As ‘n komedie was hierdie stuk beslis geslaagd, met ‘n ligte en baie humoristiese atmosfeer. Die toneelspel deur Hoërskool Strand se leerders was besonder goed, veral die vertolking van Gerald(ine) deur die talentvolle Wesley McCarthy.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s