TIER-OUERS


– Nicky-Louise Byrne

‘n Tiener van van

dag ervaar stres op ‘n abnormale vlak as gevolg van die hoë verwagtinge wat ouers op hul plaas. Ouers glo dat hul kinders besiger en meer suksesvol sal wees as hulle aan meer aktiwiteite deelneem, maar dit is juis die teenoorgestelde.

Wanneer tieners nie aan hul ouers se hoë verwagtinge voldoen nie, raak hul depressief, anti-sosiaal en in ernstigste gevalle kan dit tot selfdood lei.

Daar is ‘n diep onderliggende behoefte by tieners om aanvaarding van hul ouers te kry vir die hoeveelheid moeite en tyd wat hulle aan buitemuurse aktiwiteite en die akademie bestee.

In Linda Friedland se handige handleiding, “Ag, Ma, Whatever!” , vertel sy dat daar verskillende soorte ouers is. Daar is ouers wat elke keer as hulle dink hul kind word onregverdig behandel, wil ingryp en hulle help. Daar is ook ouers wat hoë eise stel en goeie prestasies verwag en druk op hulle kinders sal sit.

Dr Potgieter, ‘n sielkundige, omskryf ‘n “tier-ouer” as “’n ouer wat groot verwagtinge aan sy of haar kinders stel binne ‘n streng en soms onverbiddelike raamwerk van dissipline, struktuur en roetine.”

Sodoende is ouers besig om hulle kinders se kanse op die reis na sukses te verwoes. Wanneer ouers wil hê dat hulle kind dieselfde beroepskeuse as hulle moet volg, gee hulle nie die kind die vlerke om sy of haar passie en drome te ontdek nie.

Al maak ouers tieners se lewe hoe moeilik en wanneer dit voel asof hulle wil verdrink in die see van stres, druk en al die verwagtinge, sal ouers se arms van liefde altyd tot hul redding kom.

Nicky-Louise Byrne

© Hoërskool Strand  2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s