Dubbele Dosis kennis tref Hoërskool Strand


-Michelle Olivier

Hoërskool Strand is baie bevoorreg om vir mnr. en mev. Maré by die Arende-familie te verwelkom.  Hoërskool Nico Malan (Jeffreysbaai) se verlies is beslis Hoërskool Strand se wins, want tussen die twee van hulle spog hulle met ‘n allemintige 41 jaar onderwyservaring (mnr. Maré 24 jaar, mev. Maré 17 jaar) en ‘n hele handvol kwalifikasies.

Hulle wou baie graag as gesin na die Wes-Kaap verhuis en glo dat dit die Here se wil is dat albei van hulle ‘n pos by Hoërskool Strand gekry het.  Beide van hulle is lief vir kinders en sport, dus is onderwys ‘n logiese beroepskeuse, en is hulle baie opgewonde om betrokke te raak by al die aktiwiteite wat die skool bied.  Mnr. Maré het op provinsiale en nasionale vlak aan sport deelgeneem en het ‘n passie vir atletiek.  Mev. Maré sonder die skoolwaarde, wedersydse respek, uit as baie belangrik vir haar, want dit is die kern van hard-wil-werk, betyds-wees, vriendelik-optree en betrokke-wil-wees.   Hulle het twee kinders, ‘n tweeling van 12 jaar – ‘n seun en ‘n dogter.  Hulle vakgebied is Toerisme en Geografie, en heel gepas het hulle al verskeie bestemmings reg oor die wêreld besoek onder andere Frankryk, Seattle (VSA) en Las Palmas (Kanariese Eilande).  Mnr. en mev. Maré sê Hoërskool Strand het hulle met ope arms ontvang en hulle voel reeds baie tuis hier.  Die Arende hoop hulle sal nog baie gelukkige jare hier deurbring.

 

Interessante inligting
Gunsteling Meneer Maré Mevrou Maré
Kos Vrugte en lekker kookkos Biltong, kaas, avokadopeer en ‘n goeie droë witwyntjie
Boeke Boeke oor die ruimte en ontwikkeling van die Aarde Fiela se kind en Kringe in ‘n Bos
Flieks White Knights en aksieflieks “Up” van Pixar, The Bucket list, The Shawshank Redemption
Vryetyd Oefen en kyk ‘n goeie fliek Spandeer soveel moontlik tyd saam met my gesin deur lekker goed saam te doen
© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s