Mnr. C. Klopper: Volhard en Oorwin


-Joshua Lausberg

Ons almal ken hom en van ons miskien op ‘n meer ernstige noot. Van ons ken miskien die skoolhoof van ‘n afstand af, maar tog bly sy positiewe invloed konstant en sterk.  Met sy verjaardag wat al hoe nader kom, gee ons vir jul ‘n kykie in die lewe van die skoolhoof.

Toe daar aan die hoof gevra is wat hom laat besluit het om ‘n skoolhoof by Hoërskool Strand te word, het hy die volgende geantwoord: Om ‘n nuwe uitdaging in sy lewe aan te pak en om ‘n skool wat enorme rou potensiaal besit, te help om die maksimum van daardie potensiaal te benut. Met hierdie motiverings het hy Hoërskool Strand ‘aangeneem’.

Sy aanvanklike gedagtes van die skool was dat dit ‘n skool is wat by ‘n groot verskeidenheid areas betrokke is. Hy het ook genoem dat hy dit soos ‘n leerder, propvol potensiaal, beskou het en dat hy vir hierdie ‘leerder’ wou help om sy potensiaal te ontwikkel.

Mnr. Klopper is ook verder uitgevra oor die toekomstige planne vir die skool.  Hy het drie gebiede genoem waarop hy veral fokus:

  1. Die leerders – Hy wil ‘n skool skep waar al die leerders gelukkig sal wees en hulle skool geniet sowel as trots daarop wees.
  2. Die onderwysers – Hy wil verseker dat die onderwysers by die skool die grootste moontlike impak op die leerders sal hê en daardeur vir hulle help om hulle potensiaal te ontwikkel.
  3. Die gemeenskap – Hy wil die skool op so ‘n manier ontwikkel dat dit op die gemeenskap ‘n positiewe invloed sal hê en daardeur ‘n baken van hoop vir die omliggende gebied sal wees.

Laastens is daar vir Mnr Klopper gevra op watter manier Hoërskool Strand vir hom gehelp het om te ontwikkel. Hy het genoem dat die wye spektrum van daaglikse gebeurtenisse, van negatiewe sake tot positiewe gebeure, vir hom gehelp het om meer doeltreffend te lewe en die hindernisse te bestuur en op te los. Die posisie van skoolhoof het ook vir hom gehelp om vir ‘n verskeidenheid groot sake verantwoordelikheid te neem en besluite rakende dit te maak.

Dit is dus duidelik dat mnr. Klopper ‘n aanwins vir die skool is. Sy moeite en tyd wat hy die afgelope jare aan ons skool gewy het, was nie sonder resultate nie. Deur sy leierskap is ons skool skoner, vriendeliker, die leerders meer betrokke en verder verenig.. Ons hoop en vertrou dat Hoërskool Strand nog baie ontwikkeling vorentoe onder die leierskap van mnr Klopper sal sien en in die proses ‘n skool sal word wat een honderd present volgens sy slagspreuk, Volhard en Oorwin, leef.

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s