Uiteindelik! Na twaalf jaar se wag. . .


-Michelle Hechter

Vir twaalf jaar word die spanning gebou en kan elke meisie en natuurlik elke ma net van hierdie wonderlike dag droom. Dit is niks anders as die jaarlikse matriek- afskeid nie.

Na wat sover n lang, stresvolle matriekjaar is, was dit net wat die graad twaalf- leerders nodig gehad het.

Soos almal weet, het die matrieks vir hulleself n massa stokkiesdraaiery georganiseer, sodat hulle nie die Vrydag voor die afskeid, skool toe hoef te gaan nie, maar hulle sal dit nie hardop noem nie. Dit was dan n dag vir voorbereiding, of hoe?

Die dag het uiteindelik aangebreek en die meisies het hullle naels laat doen, terwyl die seuns vir die eerste keer in n lang tyd die stof van hulle netjiese swart skoene afgevee het. Motors is gewas, rokke en pakke is aangetrek en dasse is gevou, alles net vir hierdie spesiale aand.

n Oomblik van spanning, was vir seker die inry en uitklim uit die motors, waarna daar op die rooi tapyt gestop moes word vir n foto. Praat van in die kalklig wees. In die portaal het n paar onderwysers die pragtige paartjies aanskou en was die ergste deel van die aand verby. Daarna was dit tyd vir lekker kuier, dans en natuurlik eet.

Vanjaar se matriekafskeid is weereens by Lord Charles gehou en dit was sonder twyfel n ongelooflike sukses. Te danke aan juffrou Petro Cloete se harde werk, beplanning en organisasie, was dit ‘n aand wat geeneen gou sal vergeet nie. Die tafeldekor was pragtig en het die tema (Secret garden) perfek uitgebeeld en alhoewel die mure eenvoudig met wit lap versier is, was dit iets vanuit n sprokie.

Daar kan met sekerheid gesê word dat die aand definitief die twaalf jaar wag werd was en dat elke jong dame en man se sprokie waar geword het. Nou is dit terug na die werklikheid . . .

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s