En nou is daar net…HERINNERINGE


-Danièlle Kleyn

Die matrieks van 2015 is besig met eksamens en dis amper tyd vir hul om finaal van die skool afskeid te neem. Ek het met ‘n paar van hul gesels om te hoor wat hul gunsteling herinneringe aan Hoërskool Strand is .

“Ek sal sê een van my gunsteling herinneringe is hierdie jaar se hol en jol. In graad 8 is ons gedoop as die “Aliens” en die 12A’s het toe hierdie jaar ons tema “ Return of the Aliens” gemaak en vir ons optog die ou kuikendansie gedoen. Omtrent die hele matriekgroep het op die pawiljoen saam met ons gedans. Ek was heel voor in die optog daardie dag en dit was vir my ‘n onvergeetlike ervaring”- Marilene Blom, sub-redaktrise van 2015.

“ Die dag toe die matrieks soos sprokieskarakters kon aantrek en die blokdae was my gunsteling . Ek het by die skool geleer om vroeg op te staan en verantwoordelik te wees” – Joshua Lausberg

“Vir my was die samekoms van die matrieks die beste.  Die interskolekuier, die 40 days , die dag toe ons kostuums moes aantrek en die matriekafskeidkuier sal in ons herinneringe bly. Dit was vir my lekker dat ons matrieks al nader aan mekaar geraak het. Een ding wat ek geleer het in my skoolloopbaan by Hoërskool Strand, is dat ‘n mens nie ander mense te gou moet oordeel op grond van hul vriende nie. Don’t judge a book by its cover. Ek het ook geleer om te streef na my drome, want as jy hard genoeg probeer,sal jy daar uitkom! Geen harde werk kom deur niks te doen nie” – Christen Bowker, eerstenetbalspan.

Die Suidooster wens al die matrieks sterkte toe met hul laaste tydjie as Arende en hoop dat hul vir altyd die wonderlike herinneringe van hul hoërskoolloopbaan sal koester.

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s