Gelukkig of ongelukkig? Jy kies!


-Danielle Kleyn

 

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Jy het dalk, uitgestal teen ‘n yskasdeur, so ‘n prentjie deur ‘n kleuterskoolkunstenaar-in-wording gesien : ‘n droefgeestige wolk met ‘n treurige gesiggie wat reuse reëndruppel-trane huil, en aan die bokant van die bladsy, ‘n vriendelike , goudgeel son wat met ‘n breë glimlag sy milde goue strale uitstort op die skewe bloudakhuisie aan die onderkant van die kunswerk…

Die filosofie agter hierdie kunswerk is onmiskenbaar. Die kleuter het eerstens reên met hartseer geassosieer en tweedens het sy raakgesien dat meneer Son ‘n wye , vrolike lag uitdeel. Of die kleuter besef het dat hierdie twee teenpole ook ‘n keuse impliseer, weet niemand nie. Maar hierdie lessie sal die lewe haar beslis nog leer: Geluk is ‘n keuse!

Besluit jy dat jy die droefgeestige, donker gedeelte van die kunswerk kies, kies jy ongeluk. Navorsers het bevind dat die rol wat jou gedagtes speel, baie kragtig is en jou kanse op sukses en geluk STEEL. Hoekom is dit vir ons so moeilik om positief te dink? Jy dink dalk jy is nie mooi genoeg, slim genoeg, gewild genoeg, ryk genoeg nie. Die ding wat jy nie besef nie, is dat ons almal onsekerhede het, ons almal het probleme. Baie van ons is net nie sterk genoeg om ten spyte van die probleme steeds positief te bly nie. God sê:  “Ek beplan vir jou geluk, nie ongeluk, ‘n toekoms nie verwagtinge.”  Nou vra ek jou, waarom wil jy negatief bly as jy weet jy is besig om met wat jy sê, doen en dink, jouself in die afgrond te trek?

Kies jy egter die sonstraal gedeelte van die prentjie, maak jy jou lewe soveel makliker. Een van my rolmodelle, ‘n afgetrede Afrikaanse onderwyseres, mev. Petro Enslin, het gereeld aan my gesê “ Geluk is ‘n keuse, nie ‘n resultaat nie. Jy sal nie kan geluk vind voor jy nie KIES om gelukkig te wees nie.”  Hoe kan jy jouself programmeer om meer gelukkig te wees? Die goeie nuus is dat jy al die “gereedskap” vir hierdie taak tot jou beskikking het nl. jou sintuie! Kyk net om jou, sien die blomme, die berge, jou geliefdes en al die mooi om jou raak! Luister na die voëls wat sing, jou jonger boetie of sussie wat opgewonde vertel oor hul dag by die skool. Kom ons raak weer nostalgies oor die smaak van vars moerkoffie op ‘n wintersaand. Daar is bevind dat die reuk van laventel en vanielje jou stresvlakke kan laat afneem.

Die lewe gaan als oor keuses en nou vra ek jou, gaan jy negatief bly of jou kop na die son draai en LEWE?

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s