“God is not dead.”


-Talita Momberg

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

“God is not dead!”   Dit is die boodskap waarmee die Hoërskool Strand-leerders, wat op die WA- kamp gegaan het, terug gekom het.  Die naweek het begin met beddens en kamers uitkies, tasse ronddra, lag en ‘n  reünie met ou vriende. Die eerste aand se program was spanbouspeletjies en administrasie.  Daar is elke oggend stiltetyd en Bybelstudie gehou.  Die kampeerders het dit geniet om stil te word. Die Bybelstudies is deur WAC-leiers aangebied en was rêrig van toepassing op die lewens van die tieners op die kamp. Die tweede dag het uit ‘n bietjie  meer vryetyd bestaan.  Die kampeerders het die tyd luilekker deurgebring deur op ‘n hopie te lê en lekkers te eet en goeie musiek te luister.  Dis seker nie nodig om te sê dat daar ‘n paar selfies geneem is nie…

Daardie Saterdagaand was waarlik ‘n besonderse aand. Die Heilige Gees het by ons kom kuier. Na ‘n aangename lofprysing en besonderse preek, is die vloer geopen vir mense wat hul harte vir die Here wou gee. Almal het vir mekaar gebid.  Daarna was daar pannekoek en warm sjokolade vir dié wat die suiker nodig gehad het.

Die volgende oggend was daar ‘n gevoel van hartseer omdat dit die laaste oggend van die kamp was.  Daar is Bybelstudie en stiltetyd gehou en dit is deur ‘n heerlike middagete gevolg. Die laaste rukkie van die kamp was vol drukkies, foto’s  en opwinding om die wêreld in te gaan en die waarheid oor God te versprei … GOD IS NOT DEAD !!!

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s