Koue weer, warm omgee


-Danièlle Kleyn

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Die Ti amo vereniging het weer gewys dat hulle omgee. Op die 24ste Augustus het die jaarlikse Ti amo-saalbyeenkoms plaasgevind. Die maatjies van Morkel’s Cottage het by die Arende gekuier en het die hele skoolsaal vermaak met hul liedjies wat hul by die kleuterskool geleer het. Toe die kleintjies elkeen ‘n kombersie ontvang wat tydens Mandela-dag deur  Hoërskool Strand-leerders gemaak is, kon ‘n mens duidelik die dankbaarheid op hul klein gesiggies lees. Na afloop van die  byeenkoms het hul heerlik aan kolwyntjies en koeldrank gesmul.

Die leerders het ook Ti amo se tiende verjaardag gevier en dus  het twee oudleerders as sprekers gehad wat steeds betrokke by liefdadigheidswerk is nl. Wesley Vos wat presies tien jaar gelede gematrikuleer het, het sy eie skoenmaak, Vosk shoes begin. Sy sakeonderneming fokus hoofsaaklik om tyd saam met minderbevooregte kinders te spandeer wanneer hulle skoene aan hierdie kinders skenk.  Anchen Mostert, wat tans by Laerskool Hendrik Louw werksaam is, die leerders vertel hoe heerlik dit vir haar is om mense te help waar sy kan.

Tydens hierdie byeenkoms is die leerders ook met ‘n Ti amo balkie beloon indien hul tien of meer uitreike bygewoon het, wat gelykstaande is aan ongeveer tien ure.

Soos gewoonlik was 2015 se Ti amo- saalbyeenkoms ‘n reuse sukses en het hopelik talle leerders oorreed om ook in die toekoms hierby betrokke te raak. Onthou Ti amo staan vir “Ons is lief vir jou!”

 

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s