Droom – net vir kinders??


Danielle Kleyn

Onthou julle toe ons nog geglo het in ‘happily ever after’? Onthou julle hoe het feetjies ,prinsesse en superhelde na die geskikte beroepskeuses gelyk ?  Onthou julle toe ons nie bang was  om te droom nie?…

Julle sal saamstem dat hoe ouer ‘n mens word, hoe banger word jy om drome te hê. Niemand kan jou werklik kwalik neem nie.  Dit voel mos soms jy het net daardie perfekte lugkasteel gebou en kaplaks skop iemand dit om. Tieners word ook gereeld, veral deur volwassenes, berispe om op te hou droom en ons moet mos luister na gesagsfigure.  Ek voel egter dat drome ‘n belangrike bousteen is om sukses te behaal. Sonder drome sou ons nie die behoefte hê om ons doelwitte te stel en te behaal nie. Steve Jobs het die eerste Apple-rekenaar in sy motorhuis gebou, iets wat vir baie van ons onmoontlik sou wees.  J.K. Rowling, die alombekende skrywer se gewilde Harry Potter reeks, is deur talle uitgewers afgekeur, maar sy het nooit opgehou glo en aanhou probeer todat ‘n klein Britse uitgewersmaatskappy haar boek gepubliseer het nie. Vandag is die Harry Potter reeks ‘n topverkoper en is daar selfs flieks daaroor gemaak. Hierdie mense, en talle ander, is lewende bewyse dat drome bewaarheid kan word.

Baie van ons vergeet egter dat as ons nie oorgaan tot aksie , soos hierdie bekende persone nie, nie daardie vuurtjie aansteek nie, dan vervaag dit tot ‘n ongemaklike herinnering aan wat dit kon wees, ‘n koue hopie as. As ek maar net gekies het om, as ek maar net die kans gehad het om…as, as….as…Navorsers glo dat sukses volgens drie maklike, eenvoudige stappe bereik kan word:

Stap 1: Stel jou doelwit volgens die SMART- metode op (Spesifiek,Meetbaar,Aanpasbaar,Realisties,Tydsgebonde)

Stap 2: Stel ‘n geskrewe plan op om jou doelwit te bereik asook ‘n plan B indien jou eerste plan misluk.

Stap 3: Gaan oor na aksie om hierdie doelwit te bereik.

Walt Disney het gesê: “ All our dreams can come true if we have the courage to pursue them”. So, kom ons begin weer soos kinders glo dat drome KAN waar word, solank ons aanhou probeer!

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s