Gr.8-Arende se gees loop hoog voor Arende-aand


-Mia van Zyl

Om hulle Arende-balkies te kry en as volwaardige Arende beskou te kan word, moes die graad agts elk sewe inskrywings op hulle betrokkenheidskaarte kry.  Hierdie inskrywings wissel van sport en kultuurbywoning, na organisasies waaraan jy by die skool behoort en die sport wat jy speel.  Deelname speel ‘n belangrike rol in die Arende se lewens.  Een van die gewese skoolhoofde het altyd gesê: “ ‘n Betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder. “

Die Arende-aand vind op Maandagaand, 19 Oktober, plaas.  Die graad 8.C-klas is die enigste klas wat voltallig sal wees, maar die onderwysers se doel is om die Arende wat die aand sal bywoon, drasties te vermeerder.  Aan die begin van die jaar het die kuikens ‘n rooi knoop gekry wat hulle Maandagaand vir ‘n Arende-balkie sal inruil.  Hierdie tradisie kom al jare lank aan en is ‘n kenmerkende voorkoms van die kuikens.

Die kuikens is reg om die nes te verlaat en as volwaardige, jong Arende hul vlerke te sprei en hoog te vlieg.

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s