KUIKENS, KRY HUL VLERKE


-Zoé-Lee van der Merwe

© Hoërskool Strand 2015

© Hoërskool Strand 2015

Die groot dag het uiteindelik aangebreek: 19 Oktober 2015, die aand waarop die kuikens, volwaardige ARENDE sou word.

Daar was ietwat van ‘n opgewondenheid in die lug toe alle kuikens (2015 se graad 8-leerders) voor die verrigtinge in die meisievierkant moes aantree. Met alle belangrike verrigtinge was daar daardie tikkie senuweeagtigheid: dit is ‘n geleentheid waarvoor hul drie kwartale lank gewerk het. Vanaand word rooi knope vir ‘n Arend-balkie verruil. Die tyd het uiteindelik aangebreek dat hul vrugte kon pluk vir hul harde werk.

Elke kuiken moes betrokke raak by enige van die talle aktiwiteite wat Hoërskool Strand aanbied. Verder moes elke kuiken sewe handtekeninge op die Betrokkenheidskaartjie ‘bymekaar maak’. Party het vinnig weggespring en die taak voltooi terwyl ander eers hul kaartjie voltooi het die oggend voor die groot aand.

Mnr Louw het die aand met ‘n baie bekende deel in die Bybel uit Jesaja 40:31 geopen:  “Maar mense wat in die Here glo en wat op hom vertrou, sal nuwe krag kry.  Hulle sal vlieg soos ARENDE, hulle sal hardloop en nie moeg word nie, hulle sal aanhou hardloop, en nie rus nie.”.  Hy het afgesluit met die woorde:  “Act as if you are positive, and you will be positive.”

Die oomblik het aangebreek en die graad 8A klas het die verhoog betree… een vir een het die kuikens hul balkies ontvang.  Een leerder was egter meer entoesiasties as die res en het die hele bak knope omgestamp.

Baie geluk aan al die nuwe ARENDE. Mag julle jul vlerke wyd sprei en hoog vlieg!

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s