‘n Langverwagte 9 maande


-Francois Pheiffer

Ja, dis die Roeselare van 2015/2016. Terwyl mede-leerders by die skool gesit het, het 12 Graad 10- leerders van 2015 Suid-Afrika gegroet met ‘n glimlag op pad na die jaarlikse kulturele Belgiëse-uitruilprogram.

Hierdie uitruilprogram stel Suid-Afrikaners in staat om eerstehandse ervaring op te doen oor die kulture en tradisies van Europa. Tydens hierdie uitruilprogram word daar nie net kennis opgedoen nie, maar sterk vriendskapsbande tussen mekaar en die Belge, opgebou. Die Graad 10-groep was onder leiding van me. Anina Joubert en me. Lynette Wolff. Danksy moderne tegnologie kon vriende en familie steeds in kontak met die leerders bly.

Met groot opwinding en sakke vol sakgeld het die avontuur begin toe die spierwit Emirates vliegtuig Kaapstad Internasionale Lughawe verlaat het. Met hulle aankoms in Londen, na ‘n vinnige stop in Dubai, kon die toeriste-aanloklikhede nie byhou nie. Die meisies kon foto’s saam met popsterre en selfs Barack Obama by die Madam Tussauds (bekend as die “wax museum”) neem. Ongelukkig is hierdie liggame maar net nagemaak, al lyk dit so realisties! ‘n Verdere besoek is gebring aan The London Eye, St. Paul’s Katedraal en natuurlik die Big Ben.

In Parys was die Eiffel Toring beslis ‘n prioriteit. Op ‘n reënerige dag was die entoesiasme nogsteeds hoog om die Eiffel Toring op te gaan. Die leeders kon weer ‘n deel van hulle verlore kinderjare herleef deur hulle besoek aan Disney World. Van Londen af het die Eurostar-trein die leerders tot in België geneem.

In België was die beeldskone Brugge besoek waar die Belfour-toring iets besonders was. Aangesien kos die pad is na ‘n tiener se hart, het die wafels in Brussels beslis ‘n paar herinneringe vir hulle tonge, asook vir die skaal gelos. Die asemrowende waterkanale in Gent was “Iets om te beleef”, beskryf Karla Botha. ‘n Stukkie geskiedenis van die Eerste Wêreldoorlog is herdenk met hulle besoek aan die Tine Cot begraafplaas.

Alhoewel hierdie natuurskoon en besienswaardighede iets was wat foto’s nie noodwendig kan beskryf nie, was die kultuur en tradisie ‘n hoogtepunt. Brood is ‘n baie algemene stapelvoedsel in België. ‘n Snaakse aanpassing vir die Suid-Afrikaners was om die brood, net soos die Belge, van die tafel af te eet. Geen borde word gebruik nie.

Sport is ‘n belangrike aspek vir Suid-Afrikaners, om aktief en gesond te bly, maar in België nie. Die skole daar bied nie sport aan nie, en is ook glad nie so geesdriftig rakende sport nie. Vir die Belge is tennis wel ‘n geliefkoosde sport om na te kyk.

Die Roeselare beskyf Belge as mense wat baie besorgd en hulpvaardig is. Die Belge voer nog hulle volksdanse uit en is verskriklik trots op hulle land.

Om die kwaliteit van sjokolade te bepaal, kan jy gerus een van hierdie Suid-Afrikaners nader, want hulle het die voorreg gehad om die lekkerste sjokolades te geniet. Die bekende koffie, Starbucks, was ook ‘n smaaklike ervaring. Maar ten spyte daarvan, het die vriendskappe met mede-roeselare, asook met die Belge geblom tydens hierdie uitruilprogram. Tradisies, partytjies en lewenslesse is saam ervaar. Die families waarby die Roeselare aangesluit het in België het hulle nie net laat tuis voel nie, maar trots laat voel om in ‘n vreemde land te wees.

Elke oomblik is geniet, elke herinnering vasgevang in ‘n foto of ‘n gedagte en elke vriend, het familie geword. Welkom terug Roeselare!

 © Hoërskool Strand 2015


© Hoërskool Strand 2015

 © Hoërskool Strand 2015


© Hoërskool Strand 2015

 © Hoërskool Strand 2015


© Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s