NUWE HOOFLEIERS STEL HOË DROME


– Danelle van der Westhuizen

 

HOOFMEISIE 2016

Janneke de Necker

Wat is jou lewensmotto?

Don’t let the world change your smile, let your smile change the world.

Wat is jou visie vir volgende jaar vir die skool?

Die leerders moet meer respek hê vir hulself, vir die skool, vir ander leerders, asook vir die onderwysers.

As jy een ding oor Hoërskool Strand kan verander, wat sal dit wees?

Die trots wat kinders ervaar van die skool. Ek wil hê dat die leerders meer trots sal wees op hulle skool. Ek sal ook die beeld wat die publiek van ons skool het, wil verander.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom?

Juffrou Kotze. Sy bied haar vak verskriklik aangenaam aan, maar gee terselfdertyd ook oor die persoonlike welsyn van die leerders om.

As jy een wens gehad het, waarvoor sou jy wens?

Ek sou wens vir onbeperkte wense.

Wat is jou gunsteling kleur?

Turkoois

Wie sou jy wees as jy enige superhero kon gewees het?

Wonderwoman, ek ken nie regtig superheroes nie…

Wat is jou gunsteling geur Steri Stumpi?

Aarbeigeur.

Verkies jy ‘n hamburger, pizza of sushi?

Pizza

As jy met enige bekende persoon plekke kon ruil vir ‘n dag, wie sou jy verkies?

Die koningin van Engeland klink soos ‘n baie goeie opsie. Ek sal daarvan hou dat die wêreld na my opkyk.

ONDERHOOFMEISIE 2016

Andrea Cordy

Wat is jou lewensmotto?

Mind over matter.

Wat is jou visie vir die skool vir volgende jaar?

Van die begin af was dit nog altyd my hoop om meer van ‘n eenheid in die skool te vorm. Soos ons skool se leuse sê:  saam doen ons dit beter, en dit was nog altyd vir my baie waar. Dink net so daaraan: as ons nie saam was nie, sou ons dit nie beter kon doen nie.

As jy een ding oor Hoërskool Strand kan verander, wat sal dit wees?

Ek sal graag wil hê dat mense moet begin besef watter wonderlike skool Hoërskool Strand is. Ons word so baie keer misgekyk of oorgeslaan omdat mense dink hulle weet wat by die skool aangaan, maar hulle kyk nie dieper en besef wat hulle mis nie.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom?

Ek het twee onderwysers tussen wie ek net nie kan kies nie: Juffrou van Rensburg en meneer de Necker. Hulle albei is so passievol oor dit wat hulle doen en hulle weet regtig hoe om met verskillende mense te werk.

As jy een wens gehad het, waarvoor sou jy wens?

Meer tyd. Daar is net nie genoeg nie. Of boeke.

Wat is jou gunsteling kleur?

Ek was nog altyd mal oor pers.

Wie sou jy wees as jy enige superhero kon gewees het?

Violet van The Incredibles.

Wat is jou gunsteling geur Steri Stumpi?

Sjokolade. Sjokolade bly net die beste.

Verkies jy ‘n hamburger, pizza of sushi?

Definitief nie sushi nie, maar enige tyd ‘n pizza of ‘n hamburger.

As jy met enige bekende persoon plekke kon ruil vir ‘n dag, wie sou jy verkies?

Dis ‘n moeilike een, want daar is redelik baie mense met wie ek sou wou plekke ruil, maar as ek een moet kies, sou dit definitief die skrywer van die Harry Potter reeks, J.K. Rowling, wees.

HOOFSEUN 2016

Johan Eybers

Wat is jou lewensmotto?

“You only start to win, when you decide not to quit” – my graad sewe meneer het dit eenkeer vir my gesê en van daardie dag af gebruik ek dit as my lewensmotto.

Wat is jou visie vir die skool vir volgende jaar?

Ons VRL se nommer een visie is om Arend-trots te vestig en te kweek onder ons skool se leerders. Vir 2016 fokus ons op respek. Ons wil ‘n skool vol leerders hê met respek vir hulself, vir die mense rondom hulle en vir die skool. AREND-TROTS.

As jy een ding oor Hoërskool Strand kan verander, wat sal dit wees?

As ek een ding kan verander, sal dit wees om die so genaamde “elemente” te verwyder wat teen ons visie staan.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom?

Sjoe, dit is ‘n baie moeilike vraag om te beantwoord. Daar is soveel goeie onderwysers en baie van hulle het al ‘n groot impak op my lewe gemaak. Maar ek sal twee uitsonder. Juffrou Joubert wat vir my Engels gee, sy inspireer ons as klas en ons het gereeld klasbesprekings oor relevante onderwerpe. Sy is baie bekwaam in haar vak en kan die leermateriaal op ons vlak verduidelik. Maar dis ook die feit dat sy nie net vir ons goed klas gee nie, maar haar passie vir mense. Sy maak ons reg vir die lewe daar buite en stel belang in elkeen van ons. Tweedens is juffrou Loedolff, sy gee vir my Wiskunde, my gunsteling vak. Ek geniet daardie 50 minute in die Wiskunde-klas die meeste. Daar is altyd n uitdaging. Sy is verskriklik georganiseerd en haar passie vir Wiskunde steek my aan. Ek het al drie jaar klas by haar, so ons kom al ‘n lang paadjie saam en ek hou baie van haar manier van dinge doen.
As jy een wens gehad het, waarvoor sou jy wens?

Sjoe, een wens. Ek sal wens vir my droommotor: ‘n Mercedes-benz SLS.

Wat is jou gunsteling kleur?

My gunsteling kleur is groen.

Wie sou jy wees as jy enige superhero kon gewees het?

Ek sal graag Batman wil wees.

Wat is jou gunsteling geur Steri Stumpi?

‘n Karamel Steri Stumpi.

Verkies jy ‘n hamburger, pizza of sushi?

‘n Hamburger

As jy met enige bekende persoon plekke kon ruil vir ‘n dag, wie sou jy verkies?

Ek sal graag plekke met Elon Musk wil ruil. Hy is die CEO van Spacex en Tesla.

ONDERHOOFSEUN 2016

Calvin Kruger

 Wat is jou lewensmotto?

You’ve got to risk it to get the biscuit.

Wat is jou visie vir die skool vir volgende jaar?

My visie is om skooltrots te bevorder.

As jy een ding oor Hoërskool Strand kan verander, wat sal dit wees?

Ek wil graag hê die leerders moet respek betoon.

Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom?

My gunsteling onderwyser is juffrou Francis, want sy is baie doelgerig en nogsteeds liefdevol.

As jy een wens gehad het, waarvoor sou jy wens?

Ek sal nie weet waarvoor om te wens nie…

Wat is jou gunsteling kleur?

My gunsteling kleur is rooi.

Wie sou jy wees as jy enige superhero kon gewees het?

Superman, want hy is gewild.

Wat is jou gunsteling geur Steri Stumpi?

Sjokolade.

Verkies jy ‘n hamburger, pizza of sushi?

Ek geniet ‘n hamburger die meeste.

As jy met enige bekende persoon plekke kon ruil vir ‘n dag, wie sou jy verkies?

Die jong Arnold Schwarzenegger.

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s