Die Liggaam van Christus


-Talita Momberg

FUEL kringleiers van 2016 is deel van die liggaam van Christus. ’n Liggaam kan nie bestaan tensy al die liggaamsdele saamwerk nie. Hierdie les het die FUEL- kringleiers hierdie kwartaal besef. Marius Wolfaardt, die direkteur van FUEL, het besluit om ‘n leierskamp te hou om ‘n eenheid te vorm tussen al die kringleiers, asook ‘n onbreekbare band van vertroue.

Op Vrydagmiddag, 23 Oktober, het die kringleiers in twee bussies geklim. Die bussies, bekend as die “Speedster” en “Mercedes”, het 16 ooraktiewe en opgewonde tieners na die kampterrein in Onrus gebring. Die musiek was kliphard en het ‘n gewilde “taxi” nageboots. Die kringleiers is by ‘n petrolstasie gegroet deur ‘n petroljoggie wie se dag hul geȉnspireer het met hul liefde en die krag van Christus.

Die naweek was propvol spanbou-aktiwiteite, met geen kans vir rus nie. Die kringleiers het eers vyfuur Saterdagoggend gaan slaap, maar hul moes weer half= sewe vir ontbyt regstaan.

Vrydag se aktiwiteite het die braai van malvalekkers behels, asook die speel van liedjies op ‘n kitaar rondom die kampvuur. Natuurlik was daar ook Bybelstudie en ‘n uitbeelding van jouself en ‘n vriend, deur middel van prentjies. Later die aand het die leiers ‘n interessante speletjie gespeel waar daar ‘n kaart met die mond aangestuur moes word. ‘n Paar onverwagse soene het plaasgevind.

‘n Koue aktiwiteit het kort daarna gevolg. Die kringleiers moes elkeen ‘n albaster uit ‘n emmer, wat vol ys was, met hulle voete uithaal. Dit was nie net ‘n les van aanpassing nie, maar ‘n les van geestelike groei en die leiers se verhouding met God.

Die Saterdag was propvol spanbou-aktiwiteite van vlotbou tot paddaspronge en “noodle” hokkie. Daar is duidelik ‘n paar bobeenspiere gebou, sowel as tou-knoop vaardighede ontwikkel.

Danksy al die vreemde, maar doeltreffende aktiwiteite, is die leerders van Hoërskool Strand bevoorreg om die liggaam van Jesus Christus in hul skool te beleef. FUEL- 2016 sien uit na ‘n jaar vol veranderinge, ‘n groot ontploffing van geestelike krag en vernuwing in Jesus Christus.

Die kringleiers moedig leerders aan om hulself te kom ontdek, in Jesus Christus.

©Hoërskool Strand 2015

©Hoërskool Strand 2015

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s